Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Veiligheid gaan 'n groter risiko raak in Sandbaai. Ek sal byvoorbeeld nie daar koop nie, maar eerder in Onrus of Vermont."
"Lekker rustige dorp met baie eetplekke en 'n goeie basis om ander plekke te besoek. "
"See uitsigte is lieflik. Daar kan net meer vermaak ingebring word omdat daar nie veel is om te doen nie."
"Die dorp is baie stil op 'n Saterdagaand, maar ons aandete by Teewaterskloofdam was lekker. Net jammer dat daar nie meer eetplekopsies beskikbaar is nie. "
"'n Pragtige gedeelte van Bettiesbaai met 'n ongerepte lang strand. Dis heerlik stil en weg van die stadsgeluide. 10 uit 10! "
"Grabouw bied 'n hele paar versteekte juweelwynplase, buiten die baie bekende Peregrine Padstal. Lekker plek, Afrikaans, minder hoofstroom as Stellenbosch. Puik!"
"Bettysbaai is gerieflik geleë om as 'n basis te gebruik terwyl jy die omgewing naby en selfs so ver as Grabouw en Hermanus verken. Die pragtige fynbos van die omgewing en die Kogelberg Natuurreservaat is onvergeetlik mooi."
"Wat 'n mooi dorp. Die geskiedenis is fantasties. Ek het gesukkel om Carina by die 'Fairy and Elf Kingdom' weg te kry!"
"Pragtige, netjiese dorpie, met oulike restaurante en winkeltjies. 'n Mens voel rustig en kalm in die blomryke atmosfeer. "
"Pragtige foto's geneem by die mees suidelike punt en die skeepswrak saam met die sonsondergang."