Verified Reviews
Panorama Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Panorama Route
Rated 4.5 out of 5 based on 2438 reviews.
"Schoemanskloof is 'n mooi alternatiewe roete vir nie N4. Baie slaapplek en mooi sitrusboerderye. Vulstasie en restaurant, asook 'n vrugtesapfabriek wat vars vrugtesap verkoop."
"It is a wonderful place and I don't regret choosing it to celebrate my birthday."
"Asemrowende natuurtonele. Dit is 'n groot jammerte dat die paaie nie goed onderhou word nie. Die bestuurder kan nie regtig bekostig om rond te kyk nie. Die motoriste in die omgewing bestuur uiters ongeskik en gaan roekeloos teen sperstrepe verby en wag ook nie hulle beurt af nie. Dit is duidelik dat padreëls glad nie afgedwing word nie. Dit is beslis 'n hoë-risiko area om in te bestuur."
"Kaapsehoop is a quaint village. So much to see and do, you just need time to explore and learn all about it. The Wild Horses are a huge drawcard, and yes, we did see them. All in all a interesting place to be at."
"Sabie is so mooi. Loggers Pub & Grill is die oulikste restaurant met ’n lekker atmosfeer, waar jy lekker saam die plaaslike inwoners kan kuier. Die kos is uitstekend en sakpas pryse."
"Die paaie in die omliggende dorpe en selfs in Sabie maak dat ek nie sommer weer die area sal besoek nie. Dit het geweldig agteruit gegaan. Die inwoners sal op een of ander manier moet saamkom en beheer neem van die munisipaliteite om dit weer die toeristearea te maak wat dit was."
"Die herstel van slaggate in die strate is noodsaaklik. Verder behoort deeglik aandag gegee te word aan aanwysings in die dorp. 'n Lys van besienswaardighede behoort by die inligtingspunt beskikbaar te wees. Dit moet minstens in Afrikaans en Engels uitgegee te word."
"Pad op na Lonecreek en Bridal Veil-watervalle is swak (afgelope 2 jaar al). Pad na Hazyview het ook gate wat met "geel verf gemerk" is. Wees maar versigtig. Sabie is sentraal om na baie plekke uit te ry."
"Net jammer die treintrok restaurant het nie die Covid-ekonomie oorleef nie, maar ons het dit geniet by The Wild Fig."