Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 1459 reviews.
"Daar is die wonderlikste ou winkeltjies om te besoek en heerlike eetplekkies en baie oornag plekke! Ek en my vrou lief Parys! "
"Parys het die vriendelikste mense wat almal jou graag wil help. Vra maar vir enige iemand en almal sal jou plekke uitwys of aanbeveel. Eetplekke is ook baie, maar pasop hulle is meeste eers oop vanaf Woensdae. Gaan besoek Parys, daar is baie weggesteekte juweeltjies wat wag om ontdek te word. "
"Parys was 'n baie lekker toerismedorp en daar is baie alternatiewe blyplek beskikbaar teen 'n fraksie van die koste."
"Een dag is te min om al die plekke te besoek. Eet Sondag by De Vette Mossel en moet asb. nie daai Sondag ontbyt eet nie."
"Ons oorlede ouers het jare daar gewoon en dit is ook 'n pragtige dorpie met lekker snuffelwinkeltjies en koffieplekke. Lekker vir 'n naweek-wegbreek."
"Pragtige dorp op die oewer van die Vaalrivier. Oulike kuierplekke. Die strate tussen die huise is in 'n baie swak toestand."
"Die gholfbane is fenomenaal, maar ek was ietwat teleurgesteld met die dorp self. Ek het meer verwag as wat ek gesien het. Baie oudhede winkels, maar nie veel meer as dit nie. Vergelyk byvoorbeeld nie goed met onder andere Clarens nie."
"Dit is 'n lekker snuffeldorpie! Antieke winkels, sowel as normale winkels is 'n fees om in rond te loop. Mense is baie vriendelik! Jy kry nog die plattelandse-gasvryheid-gevoel, met flair!"
"Parys het heelwat interessante winkels om te besoek. Ons het die restaurante baie geniet. Die bessie plaas op die R59 naby die N1 waar mens jou eie bessies kan pluk was 'n baie lekker ervaring gewees. Die beste uitstappie was egter na die Vredefortkoepel-area - dit was 'n onverwagse juweel en ons gaan vir seker terugkeer om die area verder te ontdek. "
"Hul kan dalk meer aanbied vir kleiner kinders ook. Maar vir seker een van die mooiste plekkies on te besoek veral as mens van oudhede ook hou."