Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 1459 reviews.
"Die meeste winkeltjies is glad nie rolstoeltoeganklik nie, so dit maak dit baie moeilik om alles te sien wat daar is. Die dorpie self is baie rustig en skoon met vriendelike mense en diens waar ons was. Sal weer gaan besoek."
"Sou graag ñ lekker goeie restaurant daar wou hê. Dit is maar stil vir die reisiger wat gedurende die week moet oorbly."
"Dit is jammer dat die pragtige Vaalrivier in die dorp nie meer toeganklik is nie. Hangbrug en omgewing is verwaarloos en daar is nie piekniekares nie. Oulike winkels en eetplekke."
"Parys is 'n pragtige dorp. Die rivier is baie mooi. Eetplekke is baie goed. Sal weer daar wil gaan kuier."
"Ons het Maandag en Dinsdagaand tydens die Nampo-week in Parys oorgebly. Ons was baie teleurgesteld dat al die restaurante gesluit was, en ons moes maar met Spur tevrede wees. Ek verstaan dat Parys oor naweke baie besig is, maar ek voel in hierdie spesifieke week van Nampo kan 'n uitsondering gemaak word. Vriende van ons wat ook in Parys oorgebly het, het dit ook so ervaar."
"Pragtige dorpie, maar die paaie is sleg en kan sien dit word nie in stand gehou nie. Paaie benodig beslis baie aandag."
"Ons het baie lekker gekuier in die 'n nat en koue Parys. Ons het Sondagoggend 'n heerlike familie-ontbyt vir Moedersdag by N"Style restaurant gehad."
"Parys is an exciting town with wonderful shops & restaurants as well as friendly, helpful residents. Will certainly make an effort to make a further trip there in the near future."
"Waarom is daar geen yskasmagnete van Parys in die hele dorp nie? Verder pragtige dorp met vriendelike en gasvrye mense, sal graag weer wil gaan!"
"We really enjoyed most of Parys. A few logistic problems. The potholes are a really huge problem. We also found that whilst most of the small businesses in the area are doing their best to improve their building/shop etc. it would appear the Municipal parts are very run down. This is quite a shame, as parts of "Main" road in between really nice shops etc. are really run down, with rubbish strewn all over, overgrown weeds and grass. "
"Parys is en omgewing is baie rustig en mooi. Definitief die moeite werd om te besoek."
"Pragtig. Kan oral in winkels rondsnuffel, eetplekke puik waarvan Cherry on Top beslis uitstaan vir hulle diens en kos."
"Baie lekker plekkie om na toe weg te breek. Ongelukkig is die pad op sommige plekke onbegaanbaar. Het lekker eetplekkies en winkels om te besigtig."
"Dit is net die plek om te ontspan. Wens ons kon meer tyd in die dorp spandeer het!"
"Hoef regtig nie ver te reis vir aangename verblyf en dinge te doen en sien. Antiek en eetplekke is van die boonste rakke. "
"Die dorp se strate is reggemaak vandat ons laas daar was. Dit is n eersteklas toeristedorp met goeie diens oral."
"Parys is 'n baie lekker kuierdorp, vriendelike mense en baie oulike eetplekke. Winkeltjies het ook ietsie vir almal se smaak."
"Was 'n heerlike ervaring, nooit gedink 'n plekkie in die Vrystaat kan so opwindend wees nie!"