Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 1459 reviews.
"I never knew that the town has developed so much, the facilities are great! The area is safe and I did not miss the big city lights at all!"
"Parys is teleurstellend. Die geboue is oor die algemeen vervalle. Die winkeltjies is duur met min verskeidenheid. Die paaie is vervuil met slaggate. Daar is baie eetplekke om van te kies maar hulle was omtrent almal toe op die Maandagaand. Die dame by die Inligtingsentrum was baie hulpvaardig. Tydens ons verblyf was daar 'n groot haelstorm en baie reën so ons kon nie by die rivier uitkom nie."
"The town is very dirty and the municipality should really invest in repairing the potholes. Overall the town looks "tired" and the only area that is still vibrant is the main street with the art and antique shops."
"Skoon en vriendelik. Almal by elke winkel en koffie winkel vreeslik behulpsaam en profesioneel."
"'n Baie onderskatte dorp wat baie, baie bied vir almal. Dit is werklik 'n juweel."
"We were in Parys for the Parys/Madeira flower festival - absolutely fabulous. Will definitely be back next year!"
"Parys het definitief genoeg winkels om jou 'n naweek besig te hou, nie by die res uitgekom nie."
"'n Juweel wie se potensiaal nie ten volle benut word nie - daar is verskeie openinge vir die avonturier wat 'n kans wil waag."
"Die dorp bied 'n heerlike naweek wegbreek geleentheid uit Pretoria en Johannesburg. "
"Lekker dorpie. sou groter kunswinkels wat modern en ou kunstenaars se kuns aanhou waarder het. En dalk iewers 'n parkie waar mens veilig kan gaan stap."
"Heerlike naweek wegbreek bestemming. Rustig en lekker om Afrikaans te kan praat oral waar ek gaan. Ware plattelandse ervaring."
"Sentrale, avontuurlike toeriste dorp met interessante kunsplekke en uitstekende restaurante. Jimmy Jaggers en O's verdien vermelding. O's restaurant se spyskaart is top, topgehalte en die kos is werklik uitstekend voorberei. Parys word swak bemark en verdien om gesien en ervaar te word. Dit is uiters sentraal vir Pretoria, Johannesburg, Bloemfontein en naby geleë plekke bv Potchefstroom, Klerksdorp, Welkom, Kroonstad, ens."
"A bit expensive but the area is beautiful in every sense of the word, so well worth it."
"Alhoewel dit skoolvakansie was, het meeste winkels en eetplekke teen 17:00 gesluit. As vreemdelinge in Parys moes ons maar vir Dr. Google nader om 'n restaurant te soek wat darem 19:00 nog oop is."
"Die natuurskoon van die omgewing word onder bemark en baie kuieremense sien net die hoofstraat met sy groot verskeidenheid winkels raak, sonder om gebruik te maak van die avontuur/natuur geleenthede van die omgewing."
"Parys het in 'n restaurant-dorp verander. Baie van die oulike winkeltjies is nie meer daar nie. Baie "antieke" winkels wat nie regtig kwalifiseer vir daardie benoeming nie. "