Verified Reviews
Paternoster
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Paternoster
Rated 4.6 out of 5 based on 2296 reviews.
"I have always loved visiting Paternoster. Stayed at some awesome holiday homes in the past. "
"Die beste plek aan die Weskus, iets vir almal. Fantastiese restaurante, baie troeteldiervriendelik. Veilig en rustig met 'n baie skoon strand en vriendelike mense."
"Pragtige plek en dié kus is lieflik en ongerep. Ons was na baie restaurante toe."
"Paternoster is 'n ongelooflike vakansieplek. Dit is beeldskoon, troeteldiere kan vrylik hardloop op die strande, die vars seekos is ongelooflik en die plaaslike inwoners is baie vriendelik en gasvry! Let net wel dit is duurder as meeste kusvakansies, die restaurante is heelwat hoog geprys, my wenk sou wees om normale vis en chips te kry by die kafee by die hoofstrand of om self direk by die vissermanne te koop om dit bekostigbaar te hou. "
"Paternoster is 'n moet ten minste 1 keer in jou lewe. Ek en my man was vir 14 nagte in Paternoster en dit was 'n wonderlike vakansie!"
"Stukkie hemel op aarde. Mens kan regtig hier kom ontspan en af skakel. Ons is verlief op Paternoster. "
"Die Paternoster Express winkel het als! Lekkerste room donuts vars gebak. Paternoster self is 'n baie mooi plek vir as jy wil wegbreek van die warboel van die stad, maar dis nog steeds besig. Probeer gerus The Noisy Oyster. Hul kos is ongelooflik. "
"Paternoster is skilderagtig mooi. Die lekkerte van Paternoster is dat mens kan feitlik al die winkeltjies en restaurante per voet bereik. Orals tussen die huise is netjiese paadjies af na die strand toe. Die atmosfeer en rustigheid van die dorpie is iets wat ons verskriklik geniet het. Paternoster moet op elke mens se emmerskoplys wees van pragtige dorpies om te besoek. Nog 'n groot plus vir Paternoster is dat Vredenburg so naby is en dat alles wat mens kan nodig kry op Vredenburg beskikbaar is. Een van ons gesin se top 5 vakansies ooit."
"Paternoster is heerlik. Die mense is vriendelik. Die strand is mooi skoon. Die eetplekke is lekker!"
"Ongelooflike plekkie. Hulle moet net 'n plan maak met die kreef-smouse, want hulle maak jou mal. "
"Strand is nie baie skoon nie. Daar is plastiek en gemors op die strand wat hulle dalk net op 'n daaglikse basis kan skoonmaak."
"Die dorpie kort meer eetplekkies. My mening is dat die dorp stadig maar seker begin agteruitgaan. Verder is dit 'n oulike plekkie. Daar is nie baie besienswaardighede nie. "