Geverifieerde Resensie
Potchefstroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Potchefstroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 931 resensies.
"Slaggate is nie lekker om deur te ry nie. Verder was dit 'n lekker plek met 'n lekker 'vibe' en oulike restaurante."
"It's alright. Just a ridiculous amount of potholes which is a risk especially when you've rented a car and don't really know what the streets look like."
"My verwysingsraamwerk van Potchefstroom as dorp was hartseer vertrap en ontnugter. Die dorp (NWU ingesluit) soos baie in ons land het ook nie die "impak" van korrupsie en mal-administrasie deur onbevoegde mense vrygespring nie. Vervalle paaie en infrastrukteer. Die prentjie herhaal homself dwarsdeur ons mooi land. Ek sê sterkte en beste wense vir die mense wat nog probeer om 'n verskil te maak."
"Vir studente absoluut 'n moet, maar gedurende vakansies gaan daar nie veel aan nie."
"Lewendige studentedorp, waar jy die beste tye van jou lewe kan hê! Beeldskone natuur sowel as beeldskone persoonlikhede!"
"I have noticed that Potchefstroom is calm and more safe than most destinations in SA."
"Ons het geen besienswaardighede besoek nie, aangesien ons tot laat die aand by die fees was as stalletjiehouer."
"Dis maar 'n studentedorpie wat meestal in die aand eers lewe kry. Baie oulike plekkies om by te gaan inloer."
"Die landscape het my aandag getrek, woongebiede se mooi tuine en bome, winkels volop om te kies en te keur."