Geverifieerde Resensie
Potchefstroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Potchefstroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 604 resensies.
"Baie plekke is nog nie gerat vir "loadshedding" nie. Het orals in lang rye moes staan by restaurante wat wel voorsiening gemaak het vir "loadshedding" Maar verder is die dorp pragtig met die akkerbome en universiteit se sportfasiliteite by die hokkie was baie goed."
"Potchefstroom is 'n nodige oorblyplek, want een van ons kinders studeer daar."
"Die dorpie is baie klein en as jy nie plekker of iemand daar ken nie is dit maar net 'n gewone studentedorpie, vir oorbly-aande op 'n ver pad is dit geskik."
"Oulike dorp met verskeidenheid koffie winkels en ander buitengewone winkeljies. Vriendelike mense en daar is 'n "Hennie's" by die Mooi Rivier Mall wat baie lekker kos bedien."
"Oorslaap in Potchefstroom was na wense, maar dis nie 'n vakansie omgewing nie."
"Oulike mense, maar die omliggende dele is maar vervalle en vuil en die paaie is sleg."
"Potchefstroom is 'n absolute juweel van 'n dorp. Met die pragtige mall en studentelewe op die Bult maak dit Potch so 'n unieke plek om te besoek. "
"Ek love Potchefstroom. Die mense in Potchefstroom is awesome. Vriendelik, behulpsaam en Afrikaans."
"Dalk bietjie duur. Besighede maak misbruik van die feit dat dit 'n studentedorp is en buit mense uit wat by hul kinders wil gaan kuier. "
"Potchefstroom en omgewing het baie om te bied soos restaurante, ontspanningsplekke en goeie weer, ook teen billike pryse."