Verified Reviews
Reebok
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Reebok
Rated 4.7 out of 5 based on 63 reviews.
"Lekker vir die kids met die rotse by die strand om laagwater vissies te vang. Naby aan alles en rustig weg van verkeer."
"Stil plekkie vir ouer persone om lekker weg te breek van die besige stadslewe. "
"Goed geleë. Rustig genoeg vir ontspanning, maar bied ook toegang tot alles wat 'n mens nodig het, soos winkels en ander ontspanningsaktiwiteite."
"Dit beskik oor 'n wonderlike roete reg langs die see vir 'n vroeg-oggend stappie of draf."
"If you love long walks on the beach and exploring rock pools, then this is the place for you."
"Rustige area waar jy lekker kan ontspan, maar tog is jy naby genoeg aan al die toerisme aantreklikhede en vermaak."
"Die huis is in 'n goeie ligging tussen Mosselbaai en George, asook naby strande. 'n Goeie bestemming om dagroetes van hier af te kan doen. "
"Baie rustige kusdorp. Dit is ideaal vir die wat wil wegkom van die lawaai en dit is naby genoeg aan groter dorpe indien jy vakansiepret soek."
"Ek sou verkies dat almal nie daarheen gaan nie, want dit is een van my gunstelingplekke vir 'n Desembervakansie."
"Reebok as bestemming bied soveel rustigheid en die pragtige natuur. 'n Regte Kaapse see reuk van fynbos."