Verified Reviews
Richmond
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Richmond
Rated 3.8 out of 5 based on 397 reviews.
"Richmond is 'n oulike dorpie vol geskiedenis soos Johan van die meseum vir ons verduidelik het. Ons was ongelukkig daar op 'n vaksnsiedag dus was meeste van die winkeltjies toe. Bly om te sien hul hou kop bo water en wens hulle sterkte toe vir 2023."
"We went to Richmond to see the book shops, but most of them were not open. It seems we needed to have made appointments to view them."
"Dis 'n klein dorpie, maar gerieflik reg langs die deurpad. Mense is baie vriendelik en een aand is ideaal vir oorslaap om jou tweede dag se reis na Kaapstad korter te maak."
"Ons het heerlike skaaptjops geëet by die Vetmuis. Daar is baie vriendelike en behulpsame personeel."
"Ons is verlief op die dorpie en mense wat daar woon! Almal is so vriendlik en groet en gesels graag! Probeer gerus Vet Muis Plaaskombuis. Hulle kos is heerlik 10/10!"
"We didn't go into Richmond - no need to leave the farm, which is tranquil and beautiful."
"Die mense op hierdie dorp ken gasvryheid. Die Black Room en MAPS is 'n moet stop. Richmond spog met talle goeie gastehuise waarvan Kliphuijs en Richmond Cafe &Rooms van die beste gehalte is. Die eienaars van Richmond Cafe&Rooms besit ook die Karoo Padstal wat na ons beskeie mening die beste padstal is in SA."
"Ons het verlief geraak op die plek. Richmond, jy sien ons binnekort weer!"
"Pragtige vriendelike Karoo Dorpie! Die boekefees was 'n belewenis. Die MAP uitstalling is verstommend. Die tyd was te min om alles te sien. Sal beslis weer daar kuier. Die Vetmuis-plaaskombuis se kos is puik."
"Ek was net in die aand daar, het die volgende oggend weer baie vroeg in die pad geval."