Geverifieerde Resensie
South Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 2313 resensies.
"Ons was in Port Shepstone oor Desember - Januarie en daar was nie vreeslik baie mense op die strand nie. Strande is skoon en die area is heelwat veilig."
"Sou net beter beheer wou gehad het tydens Kerstyd in die parkeerarea by die strand. Polisie moes op 'n tyd streng beheer toepas."
"Sal nie aanbeveel oor nuwe jaar nie, was verskriklik besig en uiters gepak."
"Rustige dorpie, maar vergeet om by die Waffle House in te gaan binne seisoen."
"Margate nie my gunsteling plek nie, Ramsgate is net 'n klipgooi ver, strand is nie so gepak soos Margate."
"Ideale bestemming vir mense wat verkies om nie omring te wees met massas mense nie. Daar is 'n granny pool by albei strande, wat heerlik is vir jonger kinders. Blouvlagstrand is nie té vol nie, en naaste dorp met winkels is Port Shepstone, net paar km weg. "
"Baie sentraal geleë en tog is die strandjie klein genoeg dat daar nie groot massas mense is wat mekaar vertrap nie."
"Margate is nog steeds 'n top-bestemming. Baie Afrikaans. Vriendelik en gasvry. Go-karts en restaurant was ook heerlik. Het die kort vakansie baie geniet. "
"Elysium is 'n klein ongerepte bestemming. Daar is weliswaar geen winkels of ander besighede nie, maar net om die draai daarvan by IFAFA karavaanpark is 'n winkel, restaurant en drankwinkel. Die naaste groter besighede is so 20 minute se ry verder."