Geverifieerde Resensie
South Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 4893 resensies.
"Baie sentraal geleë en tog is die strandjie klein genoeg dat daar nie groot massas mense is wat mekaar vertrap nie."
"Strande was vol gebreekte glas, ons een seun het in 'n glasstuk getrap en sy haak oopgesny. "
"Dit is een van die mooiste strande waarby ek al was in die laaste 30 jaar en ek was al by baie verskillende strande oor die jare. Al die winkels wat jy nodig het is loopafstand."
"Margate is nog steeds 'n top-bestemming. Baie Afrikaans. Vriendelik en gasvry. Go-karts en restaurant was ook heerlik. Het die kort vakansie baie geniet. "
"Baie van die winkels en toeriste-aantreklikhede het toegemaak in Margate self, maar gelukkig is daar baie om te doen as jy bereid is om bietjie te ry."
"Elysium is 'n klein ongerepte bestemming. Daar is weliswaar geen winkels of ander besighede nie, maar net om die draai daarvan by IFAFA karavaanpark is 'n winkel, restaurant en drankwinkel. Die naaste groter besighede is so 20 minute se ry verder."
"Baie veilige, stil en vriendelike omgewing. Alles is skoon en netjies. Sal beslis weer daarheen gaan. "
"Ons was baie verbaas om te sien dat dit glad nie so besig was oor Desember en daar was altyd plek vir ons om te sit. "
"A nice area for walking and 10 minute access to the beach and shopping mall. The old coastal road is great for running and cycling. "
"Dis 'n besige strand met 'n mooi lagoon, swembad en rockpool. Baie vir kinders om te doen. Lekker winkels en restaurante."
"Ons was oor Kersfees daar en die strand was aangenaam, glad nie so besig soos wat mens verwag nie. Strande is skoon en netjies. "
"Eerste keer daar en kan nie glo hoe mooi skoon strand dit is en baie rustige omgewing - min verkeer. Rêrig die moeite werd om te besoek."