Verified Reviews
St Michael's-on-Sea
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in St Michael's-on-Sea
Rated 4.5 out of 5 based on 44 reviews.
"Lovely beach with lots to do for the kids. Both a tidal pool and kiddies pool. Also lovely grass to sit on if you don't like beach sand under your feet... loved it!!"
"Sou net beter beheer wou gehad het tydens Kerstyd in die parkeerarea by die strand. Polisie moes op 'n tyd streng beheer toepas."
"Sommige naweke bietjie raserig met besoekers wat partytjie hou op parkeergronde naby strand. Die volgende oggend lyk dit soos 'n vullishoop, maar die munisipaliteit is redelik vinnig op die toneel om skoon te maak."
"Baie lekker strand en rotse om kinders besig te hou. Lewensredders elke dag aan diens. Badkamers netjies en strand is nie oorvol nie."
"Dit is 'n baie lekker strand en sal enige iemand aanbeveel om 'n plekkie naby St Michaels te kry. Is 'n baie skoon omgewing en het dit baie geniet om St Michaels te besoek."
"Die hoogseisoen in Desember is nie die ideale tyd om te gaan as jy stilte soek nie. Die swemstrand was oorval deur mense op tweede Kersdag en hulle het die plek bemors. Die verkeer aan die Suidkus is ook baie besig in Desember en mens kan skaars winkels toe gaan."
"Kan dalk waaiers in kamer sit. Waarsku die mense van die geraas oor die nuwe jaar se tydperk, met al die mense wat aangery word om strand toe te kom, wat drankbottels stukkend gooi teen die mure."
"Ons was by al die strande in omgewing en dit was die lekkerste swem strand. Altyd skoon en netjies."