Verified Reviews
Stellenbosch
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Stellenbosch
Rated 4.7 out of 5 based on 709 reviews.
"Dit is 'n baie goeie plek. Stellenbosch is 1 van die goeie stede en is die blomme-dorp van SA."
"Ek dink Stellenbosch is 'n heerlike plek om 'n paar dae by te kuier. Gaan sien die Vriedenheim wynplaas, hulle tuine is so mooi. Gaan drink 'n koffie by Hudsons, of gaan eet by Barique of die Volkskombuis. Stap af in Dorp- en Andrigrastraat, drink 'n koffie en voel die vibe. Vir my is dit dit my huis al het ek nie in Stellenbosch grootgeword nie. Huur 'n fiets en ry bietjie rond, gaan na die markte op 'n Saterdag, die Lierbeheim mark, die aarbeiplaas, daar is nog soveel goed. Dit kan net baie warm raak daar."
"Lekker plek om vakansie te hou. Ons het dit geniet, strate is mooi skoon en mense besonders vriendelik en behulpsaam."
"Stellenbosch is amazing! Very central place to live in, where everything is close to each other and lots of things to do."
"Parkering is altyd 'n probleem in Stellenbosch, en die algemene veiligheid is nie meer so goed soos 'n jaar of wat gelede nie."
"Goed geleë naby Stellenbosch, behalwe as jy eerder nader aan die student-aktiwiteite en studente-dorp wil wees."
Stellenbosch Central, Stellenbosch
Vilaroux"Stellenbosch is 'n ongelooflike skoon en netjiese dorp en het 'n fantastiese warm en gemoedelike atmosfeer met al sy kuierplekkies en koffiewinkels met tafels buite. Cater 100% vir toerisme en baie lekker plek om te kuier, was ideaal vir die Woordfees. Sal Stellenbosch vir seker weer besoek. "
"Een van ons plekkies om te oorweeg, sou ons besluit om na baie jare weer terug te kom Kaap toe - hartsbegeerte!"
"Dit is 'n gegoede deel met lieflike huise en tuine naby die berg. Dit lyk of sekuriteit nie 'n probleem is nie. Sal moeilik wees om daar te bly sonder vervoer, tensy 'n mens 'n kranige stapper is!"