Verified Reviews
Strand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Strand
Rated 4.6 out of 5 based on 801 reviews.
"Strand is ons gesin se gunsteling-vakansieplek. So baie dinge om te doen en te sien."
"Strand is een van my geliefkoosde vakansiebestemmings. Die strand is fantasties, en alle winkels wat nodig is, is binne bereik. Lang ente stap op die wit strand is so verfrissend. Ons gaan altyd weer terug!"
"Dis 'n pragtige strand, oop en skoon. Net baie winderig wat die bietjie onplesierig gemaak het om te swem. Die natuur in die omgewing is puik, en so ook julle wyn. "
"Baie lekker strand om te stap. Jammer dat daar nie ablusiegeriewe beskikbaar is vir strandgangers nie."
"Die wind is nie altyd 'n plesier vir ons Transvalers nie, maar dis nie die Strand se skuld nie."