Verified Reviews
Struisbaai
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Struisbaai
Rated 4.7 out of 5 based on 962 reviews.
"Kaap Agulhas is nie eers 4km van Struisbaai af nie, wat dit baie gerieflik maak om vir die dag soontoe te ry en die mees Suidelike punt van Afrika te besoek."
"Gunstig geleë vir hengelaars! Strand binne loopafstand! Struisbaai bied redelik besienswaardighede!"
"Struisbaai, is a very lovely place to relax and unwind. If you are looking to escape the hustle and bustle of city life then you've come to the right place. "
"Dit was vir ons heel sentraal vir die ander plekke wat ons graag wou besoek in die omgewing."
"If you travel out of season, the place is almost empty. During SA holidays the place is packed someone told me."
"Struisbaai is 'n tipiese vissergemeenskap en die lewe draai meestal om al die bedrywighede by die klein hawe. Baie rustige atmosfeer, en karre veilig om snags buite te los. Mooi omgewing en baie naby aan Agulhas en die natuurskoon is tipies dit wat jy van die Kaap kan verwag - dorp is skoon en word goed onderhou. Daar is nie groot winkelsentrums nie, maar al die basiese goed is in plaaslike kafees beskikbaar. Dis ideaal vir mense wat juis wil wegkom van stadsgewoel."
"Struisbaai lê my na aan die hart. Ons het altyd Desembervakansies in Struisbaai/Agulhas deurgebring."
"Die Struisbaai Agulhas omgewing is regtig 'n lekker plek om te kuier en daar is baie te sien en te doen. Daar is ook 'n wye en goeie keuse van eetplekke en almal baie redelik op die sak."
"Dit sal 'n rustige vakansie wees! Ons sal maklik 'n vakansiehuis huur vir 'n langnaweek!"
"Struisbaai is stil en rustig en stil genoeg om te vergeet van die besige stad in 'n kort tydjie. Vir die avontuurlustiges is daar meer as genoeg om te doen, asook in die omliggende areas. Beslis aan te beveel om te verken!"
"Struisbaai is 'n wonderlike plek en ons gaan beslis weer ons volgende vakansie daar beplan, maar sal uitkyk vir ander verblyf."
"Struisbaai, Cape Agullus, Waenhuiskrans is regtig besonders mooi en 'n moet-sien in Suid Afrika."