Verified Reviews
Sutherland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sutherland
Rated 4.4 out of 5 based on 942 reviews.
"'n Tipiese klein dorpie, rustig en skoon met vriendelike mense by die slaghuis en restaurante."
"'n Pragtige, skoon dorpie waar mens nog in die strate kan stap en die sterre bewonder. De Oudemeule Restaurant is beslis 5 ster wat kos en atmosfeer betref. Die beste pizza en kerriekos! Die Whitehouse Inn het ook 'n lekker kuier area en pub gevoel, veral as mens plek soek om sport te gaan kyk en hulle Burger bar het die heerlikste, tuisgemaakte, 200 g pattie skaap/beef burgers. Sal beslis weer Sutherland besoek. Daar is meer as genoeg aktiwiteite, buiten die Planetorium en Observatory. Gaste kan ook so 110 km verder ry na Matjiesfontein wat 'n museum dorp is en 'n Goeie stukkie geskiedenis inkry met heerlike etes en kuierplekke."
"Sutherland's accommodation in general is expensive, and mostly fully booked in winter, when the snow has fallen!"
"Daar is so baie doen dinge. Besoek Die Blue moon (lekker melkkos) en die Strawberry moon (oulike presentjies). Die Jupiter (warm ontvangs) en ook die Mall. Die staproetes en Salt en natuurlik Jurg se sterrekyk! Die koue was 'n challenge, maar die maan en Saturnus se ringe het ons laat vergeet van koud kry. "
"An old town, with not too much to do except look at the stars and it's all closed on a Sunday so make your trip the Friday/Saturday."
"Dis 'n klein stukkie koue paradys met warm mense. Pragtige, vriendelike plek."
"Naby Tankwa Park en Midddelpos asook bes bewaarde geheim: die mooiste bergpas in die wêreld, nl. Ganagapas. Sterrekyk Plantarium en Sterrewag asook Louwhuis 'n moet sien!"
"Tipiese Karoodorpie met baie beperkte aankoopgeleenthede. Strate was baie netjies en skoon en inwoners vriendelik. Winkels moet daaraan dink om sakkie plankies of fynhout saam met sakke hout te verkoop om vuur vinnig aan die gang te kry tydens sneeu/reënweer. Ons het tydens sneeu-neerval daar aangekom en die was onbekend, inwoners met privaat voertuie het so 10 km buite dorp motors ingewag en dan deur die draaie en afdraend tot in dorp geëskort, wonderlik om te sien daar word omgegee. Julle doen 'n wonderlike werk."
"Was baie verbaas hoe netjies en groot die dorp is. Sal definitief weer 'n besoek bring."
"Dit is 'n klein plattelandse dorpie met net die nodigste winkels. Die sterrewag is indrukwekkend. Die mense is baie vriendelik. "
"Ons het Sutherland vreeslik geniet en was baie gelukkig om die sneeu te kon beleef. Ons het heerlike boontjiesop met vetkoek by die Ou Meule geniet, maar daar was ook ander tradisionele geregte soos afval en skaapskenkel beskikbaar. Blue Moon se beesstert was uitstekend. Sutherland moet op elkeen se emmerskoplysie wees. "
"Visit to SALT for the evening tour was a big disappointment and waste of money. I would not recommend this excursion to anyone."
"Lovely, tranquil town. Recommend visits to SALT observatory, planetarium and dinner at Blue Moon restaurant."
"Strongly recommend the Town of Sutherland as tourist destination. Visit to Southern African Large Telescope is a must! "
"Sutherland is 'n klein, ongerepte, plattelandse dorpie. Dit het 'n eie aardigheid wat mens kan waardeer, siene hoe afgeleë dit is. "