Verified Reviews
Sutherland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sutherland
Rated 4.4 out of 5 based on 942 reviews.
"One has to make a special trip to Sutherland as it is off the main grid."
"Daar is baie meer te sien en doen as net die sterrewag en sterre kyk. Daar is vele historiese besienswaardighede. Ek sou sê dis beslis 2 nagte werd."
"Hier is baie om te doen en te sien. Planetarium is 'n moet, die toer deur die kerk, die toer na die fossiele op plaas naby kan ook gedoen word, besoek aan die SALT is die moeite werk, sterre kyk by Sterland is ook 'n moet. "
"Daar is nie te veel om te doen nie, maar die SAOO toere maak 'n aand of twee daar die moeite werd. "
"Maak seker oor die maan, moet nie op volmaan gaan nie! Probeer ook maar liefs die wintermaande. Ons het geen sterre gesien tydens Paasnaweek 2019. Was bewolk. Het in herfs koud gekry, so wees voorbereid indien jy in die winter gaan!"
"Lovely peaceful environment that is highly recommended to anyone looking to get away from the rush of every day life."
"Pragtige klein dorpie wat op elke persoon se lysie van moet sien dorpies wees. Wil graag weer daar gaan kuier in die winter as daar sneeu is. Almal in die dorpie is baie vriendelik en behulpsaam. "
"Daar is baie om te sien en te beleef, bo en behalwe die sterre kyk. Die omgewing, klimaat, plantegroei, museum en kerk om 'n paar op te noem. Die mense is baie hartlik en gasvry wat alles oortref. "
"Hoofsaaklik sterre kyk. Planetarium, teleskoop en aanbieding van sterre kyk by sterland aan te beveel. Baie rustig om weg te breek. "
"Die hemelruim is vol verrassings wat 'n mens se verstand te bowe gaan. Verskeie geleenthede beskikbaar om meer uit te vind en te sien."
"Sutherland is 'n moet op jou lysie, want die dorp is tipies Karoo-gasvryheid. Besoek die Sterland wat deur Jurg aangebied word. Oulike winkeltjies en eetplekke. Die pad op pad na Sutherland is ook pragtig."
"Baie leersame ondervinding. Ons het die aandsessie na Jurg gegaan om die sterre te kyk en sy aanbieding daarvan baie geniet."
"Dis 'n plek om een maal in 'n mens se lewe te besoek. Die SAAO is 'n "moet" om te besoek - onthou net om voor die tyd te bespreek vir 'n toer."
"Sutherland is net die plek as jy van stilte hou en behalwe SALT, is daar nie veel wat daar aangaan nie. As ons weer 'n draai daar kom maak sal ons definitief al ons inkopies, vleis ens. by die huis doen omrede dat daar nie veel keuse is wanneer dit kom by inkopies in Sutherland nie. Sutherland se mense is baie vriendelik en die dorp is vreeslik stil."
"'n Wonderlike klein dorpie wat ek vir seker weer moet besoek. Jy weet nie wat in die dorp is tot jy rond gevra het of Jurg se sterland besoek het nie."
"Dit was ons eerste besoek aan Sutherland - ons sal definitief weer terug gaan en eerder buite die dorp op 'n gasteplaas bly."
"Ek dink elkeen behoort iewers in hulle lewens tyd te maak om hulle aan die hemelruim te vergaap en Sutherland is net die plek om dit te doen. Gemaklike verblyf, 'n goeie restaurant net om die draai en miljoene sterre maak dit beslis 'n moet sien."
"Sutherland met veral Jurg se sterrekykprogram by Sterland is 'n absolute moet!"
"Behulpsame en gawe mense. Baie dankie aan Gerfie van Wyk wat ons 30km voor Sutherland met 'n pap wiel gehelp het. "