Verified Reviews
Swakopmund
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Swakopmund
Rated 4.8 out of 5 based on 128 reviews.
"Lekker plek om te kuier, dorp is netjies en mense is vriendelik, baie om te sien en te doen."
"ń Baie oulike plek! Daar word baie moeite gedoen om die dorp aantreklik te maak, die tuinerye in stand te hou ens. Werklik ń oase binne die woestyn."
"Swakopmund is 'n fantastiese vakansiebestemming - "fine dining" restaurante en koffiewinkels, vriendelike, gasvrye inwoners wat jou werklik tuis laat voel in die dorp. Baie dinge om te sien en te doen, jy sal nie sommer verveeld wees nie!"
"Swakopmund was baie netjies en skoon en die mense was vriendelik. Behalwe vir die pragtige strand, het ons twee van die toeriste-aktiwiteite gedoen (kamele ry en segways) en beide was 'n baie positiewe ervaring. Ek sal Swakopmund as bestemming aanbeveel."
"Swakopmund is maar net 'n fantastiese plek. Dit was warm gewees en die kinders kon in die see gaan speel."
"Pragtige dorp, skoon en vriendelik. Baie om te doen en te sien in omgewing."
"Een van beste bestemmings in Namibië. Baie om te sien en doen in Swakopmond en nabye omgewing."
"Die mooiste en skoonste dorp. Geen beurtkrag en geen slaggate. Voedselprodukte is net nogal baie duur. Nietemin, ons het dit terdeë geniet in Swakopmund."
"Very clean, tidy and quiet town. Beautiful! The only downside is the car guards all over town. They all expect money and they are a real pain."
"'n Heerlike vakansieplek met baie om te sien en te doen. Tipies Duitse koloniale dorp!"
"Interessante dorp, met Duitse karakter. Belangrik vir toerisme. Ons kom definitief weer kuier."
"So much to do in and around Swakopmund - hot air balloon ride over the dunes - just incredible."
"Swakopmund self was baie aangenaam. Ons het op die duine gaan dikband-fietsry, smoothies gekry en by sommige van die vele restaurante uitgeëet. Die sonsondergang oor die see is die beste."
"We love Swakopmund - I grew up there so of course, it is my favourite place. People in shops and cafe's are so very friendly. It really caters well for tourists and there is a long list of things to do."
"Baie mooi, baie rustig. Die mooiste dorp in Namibia where desert meets the Atlantic Ocean, good food, nice wine and beautiful women."