Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 3215 reviews.
"Nieu-Bethesda is 'n stil dorpie waar mens lekker sal kan uitrus, en sien ons beslis weer. Daar is 'n winkel op die dorp wat basiese kruideniersware voorsien, asook 'n hele aantal restaurante en eetplekke wat ons nie by kon uitkom nie. Daar is selfs 'n pizza eetplek! Die 24 km teerpad na die dorp, aan Graaff-Reinet se kant, word aanbeveel, en is toeganklik met 'n sedan motor. Die laaste 5 km is wel grondpad, maar dis in 'n goeie toestand. Ry stadig sodra jy vanaf die grootpad afdraai en geniet die uitsig."
"Wonderlike mense en geskiedenis. Silwer skoon Karoodorpie wat absoluut die moeite werd is om te besigtig. Vra na 'n toer deur die NG Kerk. Dit was 'n belewenis!"
"Net goed genoeg vir oornag tussen noord en suid. Algemene toestand van dorp egter netjies en veilig."
"As jy 'n hengelaar is, is dit skaflik. Weet nie wat nie-hengelaars daar sal soek nie."
"Britstown is not a tourist destination but a passing through destination."
"Richmond het nie veel in terme van 'n naglewe nie, maar as jou hart hunker na rus en vrede, sal jou voete hulle pad kan vind na Richmond."
"Die idee is net vir oorslaap.'n Punt vanwaar 'n mens uitgaan na ander besienswaardighede. Daar is verder nie iets te doen by Lindene nie."
"Hoekom hoor mens nêrens op die SA platteland meer jakkalse nie. Vir 'n stedeling was dit altyd dié teken dat jy nou weg is van die geraas en gewoel. Maar geen meer jakkalse nie. Hartseer."
"Klein, eg-Karoo dorpie. Vriendelik en veilig. Mooi sonsondergang. Rustige platteland."
"Behalwe vir enkele gastehuise en plaasverblyf (soos Rondawel), lyk die res van die dorpie maar ietwat "moeg en vervalle", niks in die dorp wat my sal lok om daar in te draai nie."
"Op Koffiefontein is daar nie baie te sien nie, maar as jy belangstel in die geskiedenis soos die Anglo-Boere oorlog is dit 'n ideale plek om jou dag ritte te beplan. Ons het vriende en familie daar en dit is hoekom ons Blue Diamond gekies het."
"The town of Britstown is bleak, but on the this route it is an ideal stop-over destination. The hotel is a real gem and I can only congratulate the owners."
"Nieu-Bethesda is een van daardie moet besoek plekke. Dit het 'n ou wêreldse bekoring met lekker kuier en eetplekkies. Daar is 'n rustigheid in die dorpie met sy stofpaaijies. Almal is vriendelik en behulpsaam en maak die besoek soveel meer aangenaam. Wees bewus: daar is geen brandstof, OTM's of kaartmasjiene op die dorpie nie, alles streng kontant."
"Ongelooflike klein dorpie met soveel om te doen. Die plaaslike gemeenskap is so gasvry en warmte straal uit elkeen van hulle. Baie veilig en net die regte plek om lekker te ontspan met goeie restaurante.veral die Art Centre het uitstekende etes. Die Uile Huis is 'n moet om te besoek asook die brouery en rooster ook sy eie koffie bone. Wonderlike klein Karoodorpie wat ek weer wil besoek."
"Richmond verdien om meer toeriste te kry. Oulike dorpie wat verken kan word."
"Good place to unwind from city pressure and sooth ones soul. Beautiful garden and environment. "