Verified Reviews
Wakkerstroom
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wakkerstroom
Rated 4.4 out of 5 based on 343 reviews.
"Wakkerstroom is 'n goedbewaarde juweel met asemrowende natuurskoon en onbesoedelde vars berglug. Ek kon nie genoeg kry daarvan nie. Neem gerus jou bergfiets saam om die dorp te verken!"
"Het daar aangekom op 'n Sondagmiddag en dan gaan daar niks aan nie. Kan nie eintlik die plek beoordeel nie. Maar dis baie rustig en stil daar."
"Wakkerstroom is geleë in 'n pragtige deel van die land, omring met berge en vleiland. Dit is veral baie geskik vir voëlkykers, maar ook natuurlik vir 'n vriendelike plattelandse ervaring. Die dorpie het 'n goeie hotel en n paar heerlike restaurante."
"Wakkerstroom is 'n pragtige klein plattelandse dorpie in een van die mooiste dele van ons land, Suid-Afrika!"
"Miskien 'n ekstra toilet/badkamer, maar dit sal ons nie keer om weer daar te gaan bly nie."
"Superb place for bird watching. The village doesn't offer too much but the hotel was warm and cosy and had good food."
"Klein, een dag is genoeg om deur winkels te stap en as jy sou wou voëls kyk."
"Die dorp het baie agteruit gegaan, beeste, bokke en skape loop in strate rond, paaie in swak toestand mens voel nie veilig daar in die nag nie."
"Wakkerstroom is morsdood en stowwerig in die Winter, maar met die Lente en die lieflike Musiekfees is dit absoluut 'n heerlikheid om daar vakansie te hou. Die voëlkykgemeenskap is ook baie aktief tydens die groener maande en definitief die moeite werd om vir 'n langnaweek te besoek."
"Uniek! Een van sy soort, daar daal 'n rustigheid in jou siel as jy daar is."