Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Wakkerstroom

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wakkerstroom bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 204 resensies.

Wakkerstroom

DeKotzenhof

"Klein dorpie met plus minus 400 dorpsbewoners. Meeste strate is nog grondpaaie. Die dorp het oulike restaurante en klein tuisnywerhede. "

Wakkerstroom

Forellenhof Guest Farm

"Wakkerstroom is a lovely little village, interesting in many ways. Heaven for birders and laid-back lifestyle. It's very rural, and very small. It's the countryside that is so awesome. Also, we dined at a restaurant called The Bistro which I think should get a Michelin rating! "

Wakkerstroom

Forellenhof Guest Farm

"Definitely try the Bistro if in town. Great little restaurant! We did not have enough time unfortunately to explore the bird life!"

Wakkerstroom

Wakkerstroom Farm Lodge

"A friend and I discussed the feel of the place. One room had some cracks in the wall and we both decided that it added heritage to the place and contributed to it being around for so long. We noticed the bathroom and dining room was revamped - nicely done with some modern feel but keeping the tradition. We helped a little calf who was tied up. He had managed to get himself knotted around 2 stumps and could no longer have the freedom to move. What an awesome little fellow he/she was. Followed up around as far as he could once we got the rope off the stumps."

Wakkerstroom

Wetlands Country House & Sheds

"Klein intieme dorpie, en 'n definitiewe moet is The Garret Emporium en ook die nuwe Owl&Hare Bier brouery! "

Wakkerstroom

DeKotzenhof

"'n Pragtige, rustige, skoon dorpie wat oor naweke ontwaak maar jou in die week kans gee om af te skakel en tot verhaal te kom met ongelooflike natuurskoon en voëllewe."

Wakkerstroom

Forellenhof Guest Farm

"Lyk heel lekker, daar was baie toeriste, so dit moet goed wees."

Wakkerstroom

Forellenhof Guest Farm

"Oulike dorpie met 'n rustige atmosfeer."

Wakkerstroom

Die Pophuis

"Regtig baie oulik en rustig!"

Wakkerstroom

DeKotzenhof

"Vir die voëlkykers is dit 'n paradys! Die natuur is asemrowend mooi en die rustigheid 'n lafenis vir die siel. Toerisme-brosjure is vol interessante gegewens en ons het die dorp behoorlik gefynkam."

Wakkerstroom

Forellenhof Guest Farm

"Wakkerstroom bied 'n verskeindenheid vir die besoeker: interessante geskiedkundige inligting, die vleiland ideaal vir "bird lovers", die winkeltjies is van alles, en goeie restaurante waarvan ek persoonlik The Garret Emporium se kos en die eienaar se persoonlike diens as 'n hoogtepunt ervaar het. Die dorpie is in 'n pragtige omgewing. Daar is verskeie staproetes en baie mooi fotografiese geleenthede. Die inwoners is vriendelik en die dorpie skoon. Daar is 'n groot moderne aftreeoord en ek dink dit is ideaal vir mense wat in die mooi van die platteland wil aftree.vv Vir persone wat 'n tydie daar oorbly in selfsorg eenhede, sal dit goed wees om dalk meeste proviand op Volksrust of in Newcastle te koop. Daar is wel 'n winkel waar die noodsaaklikste aangekoop kan word. Wakkerstroom is absoluut die moeite werd om te besoek. Maar bly 'n paar dae oor en leer die vriendelike mense ken. "

Wakkerstroom

Wetlands Country House & Sheds

"Lovely quaint town that offers so much. We found Wakkerstroom to have everything we wanted. The Bistro has amazing food - an unexpected little gem. The birding is fantastic and we managed to see many new species, the African Rail and the Red Chested Flufftail being the most exciting for us."

Wakkerstroom

Die Pophuis

"WAKKERSTROOM IS 'N PRAGTIGE DORPIE WAAR DIE TYD STILGESTAAN HET... IS WERKLIK 'N PLEK OM TE BESOEK."

Wakkerstroom

Forellenhof Guest Farm

"Vir voëlkykers en amateur historici is Wakkerstroom die ideale bestemming."

Wakkerstroom

Forellenhof Guest Farm

"Good destination for people wanting a quiet country experience and of course for birders. We saw quite a few new species that we had not seen anywhere else before. "

Wakkerstroom

Wakkerstroom Farm Lodge

"Dit is by uitstek 'n voëlparadys vir ernstige voëlkykers!"

Wakkerstroom

Wetlands Country House & Sheds

"Die gasvryheid was regtig spesiaal. Dankie vir 'n wonderlike tyd in Wakkerstroom sien julle in die somer!"

Wakkerstroom

DeKotzenhof

"Gaan geniet dit. Wonderlike dorpie!"

Wakkerstroom

Forellenhof Guest Farm

"Pragtige dorpie, De Oude Stasie het my verras, kos heerlik."

Wakkerstroom

DeKotzenhof

"As jy hou van rus en voëls kyk en rondry in die omgewing is dit die regte bestemming."

Wakkerstroom

DeKotzenhof

"My hart se tuiste. Pragtige dorpie met baie karakter."

Wakkerstroom

DeKotzenhof

"Wakkerstroom word gesien as een van die veiligste dorpies in Suid Afrika, en mens kan dit sien en voel! Ons het dit vreeslik geniet. Die mense van die dorp was so vriendelik. Die geskiedenis van die dorp is baie interessant, dis waarlik 'n juweel van 'n dorpie met die skape en perde in die huise se agterplase, werklik 'n dorpie om in te gaan kuier."

Wakkerstroom

Forellenhof Guest Farm

"Wakkerstroom is 'n onontdekte juweel. 'n Voëlkyker se paradys en glad nie te ver van Jhb en Pta af nie."

Wakkerstroom

Forellenhof Guest Farm

"Pragtige dorpie, vriendelikste mense en veilig!"

Blad
Blad 7 - Wys 181 tot 204
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang