Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Dit was die eerste keer dat ons ’n naweek in Paternoster deurgebring het en is nou absoluut verlief op die dorpie. Outentieke Weskus gasvryheid op sy beste! "
"Small fishing village, could not find a place to buy fresh fish, however, it was on a Saturday afternoon so places may have already been closed."
"Die mooiste en rustigste dorpie in die Weskus. Vriendelike mense en dienste. Lekker eetplekkies en restaurante, site-seeings en nog baie dinge om te doen en te sien. 'n Lekker dorp vir vakansies hou."
"Velddrif, Laaiplek en Port Owen vloei so in een en is groter as wat mens sou dink. Bokkomlaan is enig in sy soort en 'n moet om te besoek. Pragtige Weskusdorpie!"
"Baie rustige area en vreeslik mooi met die klomp eenderse huisies. Daar is 'n middag windjie, maar dit gaan lê weer saans."
"Dwarskersbos is die pragtigste plekkie! Die rustigheid en asemrowende strande is net wat die siel nodig het."
"Conveniently placed supermarkets. Can enjoy fresh produce daily. St Helena quant and beautiful."
"Die pragtigste kleine dorpie met die mooiste omliggende plase wat spesialiseer aan uitvoerdruiwe sowel as wyndruiwe. En anderlike groente en vrugte is ook daar. Te pragtig! "
"Pragtige seedorp. Die dagbesoekers bederf die atmosfeer met harde musiek en gefuif op strand - papiere, drankbottels en glasstukke bly agter as hul weg is."
"Heerlik om by die hotel buite te eet terwyl die see vir jou wink. Ook Vensterklip en Die Mosselpot bied heerlike kos en gasvrye diens."