Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Paternoster se besighede wat op vakansiegangers toegespits is, is oor die algemeen duur, veral restaurante. Ek dink die pryse kan beter vergelyk met die ander dorpe in vakansieplekke. Dit sal verkope ook baie aanhelp. "
"Bietjie bekommerd oor winkels - het vir ons 'n jaar terug baie beter voorraad gedra. Praat van winkels van ingang na Paternoster en hotel."
"Jacobsbaai is 'n rustige, veilige juweel wat hopelik nooit ontdek word nie. Alhoewel ver van Kaapstad is die Weskus Inkopiesentrum en Vredenburg naby vir enige inkopies. Die kafeetjie in Jacobsbaai doen moeite om te help met basiese kruideniers waarvoor 'n mens nie wil Vredenburg toe ry nie. Daar is nie laekoste woonbuurtes of 'n deurloop van ongewenste elemente nie, wat Jacobsbaai vir my ver bo plekke soos Langebaan, Paternoster, Saldanha, St Helenabaai en Veldrif sit."
"See, sand .... net pragtig. Iets wat jy definitief moet ervaar. Skoonheid in eenvoud."
"Dit groei teen 'n vinnige tempo, maar die atmosfeer bly dieselfde"
"Ek dink die Weskus is interessant en 'n moet besoek vir elkeen as toeristebestemming. Hierdie area se mense is kosbaar met hulle vriendelikheid en hulpvaardigheid. Ons het verlief geraak op die Weskus en sal graag wil teruggaan om die hele Weskus deur te toer."
"The adjacent Game Lodge of Thali Thali, the casino at Mykonos as well as the ocean and the big mall at Vredenberg means that adults and teens alike can enjoy a break at leisure without spending a fortune. Langebaan is truly a rustige plek!"
"Daar gaan nie te veel aan nie, maar vir die persoon wat wil wegkom van alles en ver wil gaan loop op die bitter mooi lang strand is dit 'n goeie opsie. Dalk nie so 'n goeie opsie om tieners besig te hou nie. "
"Langebaan en Mykonos is een van ons gunsteling plekke om weg te breek van die stad. Sterkte verder met die padwerke wat tans aan die gang is. Glo die verbeterde pad sal sommer hope mense na julle dorpie lok."
"Oor die algemeen 'n baie oulike dorpie. Ek sal graag daar wil woon permanent. "
"Wat 'n pragtige plek. Tog jammer dat daar 'n misdaad probleem is in die wonderlike dorpie. Hoeveel derduisende toeriste kom NIE na ons pragtige land oor hierdie tipe probleme? Dit begin seker maar als by die ander Jacob, nie die een van Jacobsbaai nie."
"Ons het ons hart heeltemal verloor op Yzerfontein, soveel so dat ons nou ook 'n plot daar wil koop en 'n huis bou. "
"Pragtige dorp en baie sentraal geleë rondom die omliggende dorpe. Gerieflik om die stranddorpies rondom te besoek."
"Enigste bekommernis was veiligheid, maar ek het nooit onveilig gevoel nie. Pragtige strand!"