Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Netjies met 'n pragtige uitsig en staproetes. Vriendelike diens. Klubhuis was gesellig en professioneel. Ons kon die natuur in ‘n veilige omgewing verken en geniet. "
"For a family who loves the beach, we felt that we needed to drive out quite a bit to get to a beach we could enjoy. Most of the beaches in Gansbaai are rocky and not ideal for swimming. However, a lovely place to just to a break from the reality of a busy city and just relax and take in some sun."
"Franskraal is 'n ou familie-gunsteling en het weereens nie teleurgestel nie. Skoon dorpie en strandjies met die mooiste see wat elke dag skakerings van blou wys. Die oulike sement-voetpad al langs die see verseker ook dat mens veilig kan stap of draf."
"Ongelooflik uitgebrei. Heerlike plek om weg te breek van die gejaag van die samelewing. Baie dankie!"
"Dit was die eerste keer wat ek in Gordonsbaai was. Beslis 'n fantastiese vakansie-/stranddorpie. Ek het die klein restaurante geniet."
"Britanniabaai is 'n rustige omgewing met 'n pragtige, veilige strand, lekker om te stap/draf."
"Hartenbos is 'n ongelooflike toeristebestemming, sal definitief weer daarnatoe gaan."
"Dit is die beste plek om vakansie te hou. By die see, met lekker restaurante, winkels en goeie publieke vervoer wat reg oor die Kaap gaan."
"Ons het net 1 van die 4 nagte daar geslaap en toe uitgeklok en by Great White Shark Accommodation gaan inklok vir 3 nagte. Hulle was puik!"
"Pragtige strande, vriendelike mense, lekker aktiwiteite en George is net 10 min weg as jy smag na groot inkopiesentrums. "
"'n Jammerte die wind het elke dag gewaai wat so bietjie onplesierig was. Gelukkig was ons woonstel goed ingerig en het die wind nie ons verblyf affekteer nie."
"Pragtige dorp met al die winkels wat jy nodig het. Die dorps mense is vriendelik. Baie warm in die somer, so maak seker dat jy verblyf kry wat lugverkoeling het."
"We stayed in St. Helena for 20 days before staying in Paternoster and enjoyed the more relaxed pace on the north side of the peninsula more than the more frenetic pace in Paternoster. The beach at Paternoster, though, is definitely superior to any beach going north until Dwarkersbos. Great for sufing, sail boarding, kayaking, beach runs and walks and birding."
"Pragtige plek vir toeriste met uitstekende restaurante en ontspannings-aktiwiteite."
"Pragtige plekkie met al die nodige benodigdhede. Het Ocean Basket gemis (ons gunsteling-restaurant)."