Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Brandwacht is 'n voorstad heel buite die Stellenbosch middedorp. Dis ideaal vir iemand wat sy eie vervoer het en rustigheid soek. Niks is stapafstand nie, maar dis hoe ek dit verkies het. Stellenbosch raak besig en Brandwacht is weg van al die verkeer en besigheid van Stellenbosch. Van die eiendomme, insluitend Feel@Home, is baie mooi."
"Keurboomstrand is perfectly situated on the beach with loads of space to picnic and take long walks. Totally love the clean serene feeling of the little town and the beautiful vast open spaces."
"Merweville is 'n verassingsdorpie in die Karoo. Die mense is baie vriendelik en wil graag bietjie gesels en hulp aanbied waar nodig."
"Jacobsbaai is 'n baie stil dorpie met eintlik baie min besienswaardighede. Maar, dis perfek vir 'n naweek weg, as jy wil wegkom van die besige stadslewe en net wil afskakel met 'n boek en vars seelug."
"Darling is 'n pragtige dorpie met baie besienswaardighede. Ormonde het die lekkerste wyne wat ek in 'n lang tyd geproe het. Die Darling museum het soveel geskiedenis. Darling Sweets het die heerlikste toffies wat ek nog geproe het. Het na 'n show by Evita se Perron gaan kyk, net jammer ons kon nie van die menu bestel nie, die kos het so lekker gelyk. Laastens Darling Brew het 'n paar lekker light drinking beers vir 'n warm dag en die bierfees was beslis 'n treffer! "
"Durbanville is gerieflik geleë om alles wat die Kaapse Metropool bied - van Tafelberg, Kaappunt en die see tot eksotiese wynplase en ander attraksies - gemaklik te kan besoek en steeds buite die stadsgedruis te wees indien die toeris verblyf in Durbanville bespreek."
"Route 62 drankwinkel 'n moet stop in Ashton naby Robertson. Die manne daar ken hul drank!"
"Ons was by 'n volstruis aanbieding by Chandelier net buite Oudtshoorn. Nog 'n onverwagse juweel. Die bestuur is supervriendelik en die kinders het selfs 'n geleentheid gehad om 'n kameelperd te voer. Ons het besluit om nie een van die groot volstruisplase te besoek nie en hierdie was regtig die moeite werd. Hulle het selfs 'n buffeltoer wat ons nie die keer gedoen het nie, maar volgende keer as ons meer tyd het gaan ons dit beslis doen."
"Boggomsbaai is 'n heerlike, rustige, vakansieoord, maar 'n winkeltjie met net die nodigste kan miskien handig wees."