Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"This is a must stop over. It's in a quiet area and with the most stunning view."
"Area is stil en veilig. Strand is super skoon en mense rondom vriendelik. Beste vakansie ligging in die Weskus. "
Stellenbosch Central, Western Cape
Eendracht Hotel"Pragtige dorpie en alles is loopafstand van mekaar af. Veilige strate en vriendelike mense."
"Skoon en netjiese dorp. Heerlik om daar te kuier. Mense vriendelik en behulpsaam."
"Ek sal dit aanbeveel gedurende die werksdae, maar die toestroming van mense oor die naweke, met geraas en rommel sal ek definitief nie aanbeveel nie."
"Regtig die moeite werd om die prag dorpie te verken. Veral Saterdae se plaasmark is 'n wenner. "
"Ons het ons morsdood gesoek na 'n kafee en apteek! Dis definitief nie die plek om geskenkies vir geliefdes te koop nie. Meeste is kunswerke en min daarvan is billik geprys. Dis 'n pragtige dorp en baie skoon."
"Robertson is 'n baie mooi toeriste-aantreklikheid en sal baie graag weer soontoe gaan."
"Ek sal dit enige tyd voorstel, dis een van die beste bestemmings ooit. Baie rustig, baie lekker. Dis regtig 'n gesinsplekkie. Die kinders het dit baie geniet."
"Pragtige en rustige dorpie. Lekker plekkie om te kom ontspan en weg te breek van die stad se lawaai en gejaag."
"Groot probleem met dronk jongmense oor naweke deur die dag en in die aand. Het glad nie veilig gevoel om rond te loop nie. Baie sad, want 'n paar jaar terug het ons vir lang ente teen die strand opgestap. Nou met sonsonder is dit nie veilig nie. Informele straat vendors verkoop openlik dwelms aan jongmense. Waar is die polisie se teenwoordigheid?"
"Kom gereed met jou kruideniersware en drankies. Die winkels het beperkte voorraad, maak baie vroeg toe en pryse kan bietjie knap wees. Maar andersin is dit 'n pragtige dorpie wat baie het om te bied. "
"Die area is baie droog nou oor al die waterbeperkings, maar dit maak geen verskil aan die gehalte kliëntediens by Hawksmoor. Ons het ook die Cape Holiday Show bygewoon en dit was groter as wat ons verwag het. "