Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Daar is egter heelwat om te doen in die omgewing. Alles is binne 'n kort afstand vanaf die verblyfplek."
"Dis die moeite werd om Tulbagh en die vallei te besoek. Pragtige omgewing en heerlike wyn."
"Baie oulike dorp. Bid vir reën vir julle en is beslis die moeite werd om daar vakansie te hou. Skoon en netjiese dorp met vriendelike mense. "
"As eerste keer besoeker en gedurende 'n voortreflike walvisseisoen is dit aangenaam verrassend. Inkopiewinkels en eetplekke baie bevredigend. Sien julle beslis weer!"
"Het nie die omgewing verken nie, nie die doel van ons besoek nie. Tog is dit 'n goed ontwikkelde plattelandse dorp met die meeste geriewe. As oorslaapplek was dit uitstekend vir ons."
"Agulhas itself is wonderful. We did the long walk and visited the lighthouse. We had a very nice fish meal in the local restaurant and bought and sent postcards from the local supermarket. Spotted wales as well! We will be back to Agulhas."
"Die omgewing van Vanrhynsdorp, maar veral Nieuwoudtville, was pragtig dié jaar a.g.v. die ongelooflike mooi blomme daar! Ons het eintlik maar meer tyd in Nieuwoudtville spandeer (ook die waterval daar besoek) en nie juis Vanrhynsdorp nie."
"'n Besonderse plek, maar as jy nie die natuur en stilte kan geniet, maar sommige mense sal nie van die omgewing hou nie."
"Baie mooi omgewing so in die Swartland. Genoeg winkels om selfs die stedelinge tevrede te stel."
"Pragtige dorp, goed geleë vir 'n besoek aan die Weskus Park en ander besienswaardighede in die omgewing. "
"Lekker plek, maar nie 'n 5 ster hotel nie, maar dit is nie hoekom jy McGregor toe kom nie."
"Lutsville is 'n skoon en netjiese dorp met al die nodige winkels. Die mense is ook baie vriendelik in die winkels."