Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"'n Juweel vir ontspanning. Restaurante is tops en almal laat mens baie welkom en spesiaal voel."
"Ons middagete by die restaurant Headlines was heerlik met 1970's se musiek. Die besoek by Highgate voltruisplaas was ook aangenaam."
"Verbasend was al die doendinge in Clanwilliam Saterdagmiddag gesluit. Wupertal winkel, Rooibosfabriek, ens. Dis blommekyk tyd, sekerlik is daar baie ander toeriste wat soos ons voel."
"Pragtige stil en veilig vir stap, fietsry, naby Paternoster, Die Palm sentrum en Velddrif wat wonderlike restaurante bied."
"Malmesbury is die hoofstad van die Swartland, waar meeste van die land se koring verbou word asook kanola. So dis nie 'n tipiese toeriste dorp nie, maar landbou dorp. Maar dis pragtig in Augustus/September, die kanola blomme in volle blom, agter lê die berge met sneeu pieke, as jy gelukkig is. Alle winkels hier, van Pick 'n Pay, Checkers, Spar tot Woolworths Foods by die Engen."
"Velddrif het baie om te bied vir mense wat na rustigheid en skoonheid van die natuur wil wegbreek."
"Baie van die restaurante is nie oop in die aand nie, maar ons het dit soort van verwag omdat dit nie vakansieseisoen is nie. Ons het die plekke wat wel oop was terdeë geniet!"
"Baie groot verrassing. Dit is 'n absoluut netjiese en skoon dorp wat geweldig vinning uitbrei."
"Mooiste, mooiste omgewing! Jy hoef niks te doen as om net te ry en om jou te kyk nie! Pragtig!"
"Yzerfontein is one of the most beautiful little towns along the West Coast. Also probably the cleanest and best maintained."
"Heroldsbaai self is baie mooi en die rustigheid daarvan is wonderlik. Sonder geraas van verkeer en groot winkelsentrums. Ons het heerlik geëet by Dutton Cove! 'n Restaurant met die lekkerste burgers ooit. "