Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Diesel & crème was 'n baie interesante eetplek om te besoek!"
"Pragtige natuurskoon, veilig om te swem of om aan ander aktiwiteite deel te neem soos om te stap of kano's te huur. Interessante winkeltjies en restaurantjies. Veral die moeite werd om in die blommeseisoen die Weskus Nasionale Park te besoek."
"Fantastiese ontbyt geëet by die Boathouse, kos is uitstekend en die uitsig ongelooflik."
"Lovely sleepy town in the heart of the Klein Karoo. Beautiful place to unwind."
"Ons wou die ou tronk besoek. Groot was ons teleurstelling toe ons 12:50 daar aankom om te vind dat alles alreeds toegesluit was en die personeel besig is om te sluit. Volgens hulle webtuiste is hulle op 'n Saterdag oop tot 17:00!"
"Baie goeie tandarts op die dorp. Uitstekend toegerus en baie knap. Ons ry van baie ver af om hom te sien. Elke kilometer werd!"
"Ons was nie regtig daar tydens ons besoek nie. Maar dis 'n mooi dorpie met 'n pragtige uitsig oor die Slanghoekvallei."
"Pragtige klein dorpie met baie besienswaardighede. Ongelukkig is van die restaurante in die wintermaande gesluit, maar daar is steeds baie eetplekke en winkeltjies om te besoek. Stanford het selfs 'n lieflike markie elke Saterdag op die stoep van die Stanford Hotel. Net buite die dorp is daar talle wynplase, 'n brouery en selfs twee kaasmakerye waarby mens ure kan omsit en ietsie eet en drink. Lieflike bestemming!"
"Our first time to Witsand, but definitely not the last. We have never seen so many whales in one place, and everywhere else I can think of one would have had to fight the crowds to see them."
"Lieflike kusdorpie met 'n rustige atmosfeer waar 'n persoon kan gaan om die rustigheid en utisig daarvan te beleef en waardeer."
"I am looking forward to when the roadwork's are completed that would really add to the enjoyment of the trip to Kommetjie."
"Sal enige tyd weer daar vakansie gaan hou. Almal is vriendelik en ons het dit terdeë geniet."
"Ideale bestemming om die omgewing te verken tydens die blomseisoen en 'n Weskusvakansie te hou."
"Pragtige dorpie! Dis beslis die moeite werd om bietjie die dorp te verken."