Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Baie netjies en stil. Ons sou graag met vrymoedigheid die honde op 'n gedeelte van die strandgebied laat rondhardloop."
"Die Weskus sal altyd vir my ‘n unieke ervaring gee wat ek nie op enige ander plek in Suid-Afrika sal kry nie. Oor daardie rede sal ek weer terugkom, oor en oor. "
"Vandat ons Desember daar vakansie gehou het, wil ons self graag ‘n huis daar koop! Dis ‘n wonderlike bestemming met ‘n skoon wit strand wat aangaan en aangaan. Die seewater is lekker warm. Die dorpie is ideaal vir vakansiegangers wat wil wegkom van hustle en bustle, maar is ook naby genoeg aan George sou jy die winkelsentrum wil besoek."
"Voelklip is een van die top vakansiebestemmings in Suid-Afrika, kransstappad, pragtige strande, berg om te verken. Ek voel my jong tienerkinders kan hier nog veilig en onbevange speel en kinders wees."
"Absoluut die mooiste, skoonste, vriendelikste dorpie, ons het almal ons harte daar verloor, het net te min tyd gehad maar sal volgende keer langer bly verseker."
"The people are friendly. Climate is quite humid. A 4 hour drive out of Cape Town but it was definitely worth it. "
"Absoluut pragtig en die walvisse gee gereeld 'n vertoning in die baai. Voëlkykers sal dit ook baie geniet."
"Somerset Wes is sekerlik een van die plekke in die Wes-Kaap wat baie sentraal geleë is tussen bekende toerisme attraksies soos Stellenbosch, Kaapstad, Simon Stad, Gordon's Baai en Hermanus, maar. ek voel Somerset-Wes het baie meer on te bied aan elke toeris se smaak en gevoel as wat ons almal te siene kry op hulle algemene toerisme bemarking. Soms wil akkommodasie bestemmings toeriste probeer hou in hul areas vir ten minste 2 dae, maar Somerset-Wes het genoeg interessante en avontuur geleenthede beskikbaar om gaste vir n hele week te vermaak. Ek hoop die "local" toerisme raad lees die ene want ek is bereid om te help hiermee, andersins is dit n skoon, veilige en toegangbare dorp. "
"Langebaan is always a very relaxing area and very safe. You don't need to worry about your kids or your belongings. People in the area are always very welcoming to visitors and there's enough activities around for all ages. "
"Because my family is in Southern Suburbs and I needed to be there most of the time - so not sure how to rate it. "
"Kleinbaai is 'n wonderlike stil geleë plekkie teen die kus by die hawe. Mense is vriendelik en laat mens beslis welkom voel."