Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Greyton is a dream destination for those who want a relaxing stay in a picturesque setting."
"Oulike dorp met lekker restaurante soos High Tide, Muisbosskerm en Funky Tastebuds."
"Vêr genoeg van gewoel en geraas van vakansiegangers maar naby genoeg aan baie besonderse besienswaardighede!"
"We loved Stilbaai! So many places to explore. Lagoons, beaches, nature reserves, rock pools. etc. No place felt over crowded even though we were there over Christmas time, as there were so many different venues to hang out and explore. Great town with so much happening, even live concerts by favorite local musicians! "
"Baie sentraal om na verskillende besienswaardighede in die omliggende gebiede rond te rits!"
"Fantastiese familie bestemming wat nie te besig is nie en 'n veilige strand het vir klein kindertjies."
"As jy 'n plek soek om weg te kom van almal en alles af vir alleen tyd sal ek dit aanraai. Die area was ook nie so besig alhoewel dit oor die kersnaweek was. Ons het die tyd daar regtig baie geniet."
"Moet draai gaan maak by Kleinbergskloof Olive Estate, Inverroche vir ginspirasie en The Press Room vir lekker kuier."
"Riebeeck-Wes: Baie oulike plek - kan sien dat daar gewoel en gewerskaf word. Heerlike gemeenskap en 'n lewendige atmosfeer. Sal beslis weer soontoe gaan. Lieflike omgewing, vol interessante stories. "
"Baie van die besienswaardighede was gesluit oor die vakansieseisoen of net oop op aanvraag."
"Die meeste mense is baie vriendelik en behulpsaam in Beaufort-Wes. Maar die dorp self is 'n bietjie vuil. Mens sou verwag omdat daar baie toeriste kom, dat die dorp darem skoon gehou sou word. Dit kan 'n prag dorp word. maar dan sal almal hul kant moet bring."