Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Dis baie gerieflik geleë en binne trefafstand van baie wonderlike plekke."
"Meer parkering vir strandgangers. Die drop kan ‘n vergunning maak dat motors op sypaadjies mag parkeer In die vakansie tyd. Om R500 boete te kry en dit is die mense wat vir die besighede geld inbring die tyd van die jaar is belaglik! "
"Die pragtige Karoo dorp en sy mense laat 'n indruk wat jou bybly. Onvergeetlik was ons ervaring, net jammer dit was te kort. "
"Elandsbaai kry 3-sterre. Die res van die Weskus is ongelukkig droog en nie so interessant nie. "
"Wonderlike strande, baie skoon, vriendelike mense. Lekker sentraal vir al die baie lekker dinge om te doen en mooi plekke om te sien."
"Aangenaam en hartlike mense wat jou verwelkom en wil help om die beste van die Karoo te ervaar."
"Prins Albert is 'n dorp vol geskiedenis en interessanthede. Dis besonders om die dorp van meer as 250 jaar oud te bewonder, met sy leivore, ou geboue, antieke grafte en groot bome. Heelwat restaurante om van te kies. Maak seker om ver vooruit te boek vir aandete as mens in vakansie seisoen soontoe gaan. Die hotel het 'n heerlike ontbyt plekkie en 'n Gin bar met 'n verskeidenheid plaaslike gins. Die dorp se kerk is pragtig en het sulke mooi ou huise. En as jy daar is, doen jouself n guns en ry die Swartberg pas, dit kan met 'n gewone kar gedoen word, en is regtig iets besonders om te sien. "
"Dit is 'n pragtige omgewing met 'n unieke karakter. Sou nogal die besit van eiendom daar oorweeg."
"Lieflike ou klein dorpie met die interessantste winkeltjies en restaurante."
"Ons het baie lekker gekuier en die restaurante het heerlike kos. Die wind waai ongelukkig baie in Desember en ons kon nie elke dag op die strand uitspan soos beplan nie. "