Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Island view is baie goed geleë en het 'n pragtige uitsig oor Mosselbaai. Dit is baie veilig, skoon en netjies. "
"Dit was ons eerste keer in Paternoster en dit is 'n fantastiese klein plekkie, baie rustig en uitstekende vakansiegees wat heers. Dit is 'n stukkie hemel op aarde."
"Oulike, klein plekkies om te besoek en om by te eet. Lekker wynplase en kuiergeleenthede in die area. Heerlik!"
"Ek sou graag nog meer plekke wou sien in daardie omgewing, omdat ek hou van die rustigheid en die plaas atmosfeer."
"Dit is 'n baie oulike plekkie om te besoek en die see is nie te ver daarvandaan nie. "
"Dis pragtig met heerlike uitsigte en winkels. Heeltemal onderskat omdat dit redelik ver van die middestad is."
"Die lekkerste staproete gaan doen in die natuurreservaat en die dorpie se rustigheid is alles wat mens nodig het vir 'n lekker afskakel naweek."
"Ek hou van die vriendelikheid die mense in Bredasdorp. Meeste groot supermarkte is daar te kry. Die see is lekker naby."