Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Klawer is 'n klein dorpie vanwaar ons elke dag in 'n ander rigting gereis het om hierdie pragtige wêreld verder te verken en kennis te maak met sy inwoners."
"Pragtige dorpie wat sentraal geleë is om in die pragtige omgewing rond te ry."
"Tulbagh is 'n pragtige en skoon geskiedkundige dorp met mooi ou geboue, interessante galerye, uitstekende restourante en 'n lekker wynkelder om te besoek. Beslis 'n besoek werd."
"Om te sê ek en my man was aangenaam verras met Melkbos Studio sal nie begin om te beskryf hoe ongelooflik lekker ons verblyf daar was nie! 'n Mens is letterlik (soos in regtig-egtig) net 'n klipgooi van waar die eerste branders breek. 'n Pragtige bestemming met uitstaande geriewe en fantastiese gashere wat uit hulle pad gegaan het om dinge vir ons so gemaklik en lekker moontlik te maak. Hulle sien ons beslis weer!"
"Plett is an amazing holiday destination for all ages. Adventures, outdoor lifestyle: walking, hiking, swimming, surfing, You name it, Plett probably has it then you can add on the whale watching and gorgeous sunsets. All there for the taking."
"Dit was 'n eerste besoek. Aangesien ons elke dag gholf gespeel het, het ons nie baie verken in die omgewing. Die dorpie is nie groot nie, maar alles wat jy nodig het is beskikbaar. Genoeg wegneem-ete restaurante, kruideniers winkels. Mooi omgewing."
"Lekker tee en wortelkoek geëet by die kwekery. Jammer oor daar nie blomme was. Andersins lekker pannekoek geëet."
"The best tourist attraction: Swartberg pass is currently closed so access to Die Hel is not possible. Food at the Hotel of the highest quality."
"Baie om te doen. Uitstekend vir gesinne met kinders, groot en klein."
"Pragtige skoon dorpie. Geen misdaad. Restaurant wat ons besoek het was teleurstellend."
"We used to drive past but we stop now. Very nice eat-out experiences but lacking in a pleasant shopping experience. The Friday market could have helped but that is a non-event. Unfortunately, one has to drive somewhere else for this."
" My eerste besoek aan Paternoster. Wat 'n juweel van n plek. Ons verblyf was als wat ons nodig gehad het en nog meer. Jy parkeer jou voertuig en stap waar jy ook al wil gaan anders sit jy op die stoep en bekyk die see en uitsig. Ons was gelukkig om Walvisse te kon sien. Net een ding, hou jul dorpie net soos hy is."
"Ongelooflike dorpie, net Jammer die res van die Weskus het nie dieselfde argitektuur en karakter as Paternoster nie."