Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Eerste keer in McGregor sal graag meer tyd daar wil spandeer om dit te verken."
"Greyton is nog sovêr die mooiste van die klein dorpies wat ek beleef het met die grootste keuse van restaurante & dinge om te doen & sien. Sal dit enige tyd weer besoek. "
"Nice community feel, the real Cape expierience. Ligging was great. Ideaal vir twee pare of 'n gesin."
"Paternoster is lieflik! Ek sal enige tyd dit weer besoek. Definitief die perfekte dorpie vir 'n wegbreeknaweek. Dis net jammer dat mens so versigtig moet wees vir diefstal."
"Ek geniet Paternoster. Was net hartseer dat die lighuis toe was oor die naweek wat ons daar was."
"Lovely little town and peaceful out of season. Lovely beach walks and restaurants. Probably much more variety in season but the solitude of having few visitors there suits as just fine."
"Die kreefverkopers is 'n probleem! Wil nie "nee" as antwoord aanvaar nie en raak vieslik en aggressief as hulle nie hul sin kry nie. Kry 'n winkel of sentrale afsetpunt as kreef dan wel verkoop mag word!"
"Altyd lekker om in Paternoster te kuier. Heerlik geëet by die verskillende restaurante."
"Ons was in Robertson vir die Wacky Wine 2017 en dit was werklik 'n absolute fees om by te woon. Fantasties georganiseer. Die dorp is netjies en skoon en bied baie vir 'n toeris aan."
"Was nie lank genoeg daar om iets te sê oor Vredendal nie. Ons het net een aand daar geslaap."
"Een van die min werklike rustige kusdorpies. Pragtig en vriendelike mense. Die feit dat daar nie groot winkelsentrums is nie maak dit spesiaal. Ons het lekker gekuier en gerus. "
"Goeie eetplekke, heelwat besienswaardighede afhangend van die besoeker se belangstelling. "
"Dit is naby Knysna, maar tog baie rustig. Daar is hope goed om te doen en plekke om te sien in die area."