Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Baie uitgestrek en meeste plekke is ver van 'n swemstrand. Mooi natuurskoon. "
"Dwarskersbos has the most beautiful beach. Safe for swimming at low tide, the beach is clean and natural. They also have this amazing little Mini Market cafe where you can buy food provisions and little gifts. It is also about half an hour's drive from Elandsbaai and is very close to Laaiplek and Velddrif."
"There are a few supermarkets (Spar and OK) and we bought firewood on the road. Fresh fish is available at the harbour. There is a salaam room, but Jumuah is at Vredenburg, which is about 30 minutes away."
"Ons het lekker gekuier en 'n paar keer lekker uitgeëet. Hier is uitstekende eetplekke. Ons het ook die waterglybane besoek in Hartenbos. Mosselbaai is ook goed geleë vir 'n vinnige wegglip na George- en Knysna-omgewing. Ons was redelik buite seisoen, so die verkeer was nie te erg nie."
"Ek was nie bewus van die slegte grondpad van Lambertsbaai af nie. Ongerepte skoonheid en pragtige, skoon dorpie met baie vriendelike mense. "
"Baie rustig en tog baie om te doen, lieflike bymekaarkomplekke soos The Bush Pub en The Boat House. Sal dit definitief aanbeveel by vriende en familie."
"Montagu is 'n pragtige dorpie. Heerlike restaurant, padstalle en koffiehuise om van te kies en te keur. Net 5 minute buite Montagu is 'n "animal sanctuary" wat lieflik is vir kinders. Saterdagoggend se markie op die dorp moet jy ook nie mis nie!"
"Catch 22 restaurant het vir ons n smaakvolle, goed geprysde aandete gebied!"
"Great town. Has an airport and close to Wilderness, Sedgefield and other coastal spots."
"Ons het die plaaslike museum besoek, foto's van die historiese geboue geneem en koffie in 'n oulike winkeltjie gedrink. Daar is baie mense wat swaarkry en bedel op straat. Ek sou nie graag in die aand die dorp besoek nie. "
"Die instituut vir blindes is definitief n besoek werd - die handewerk wat die blindes doen is baie oulik en kreatief."
"Pragtige plekkie met sout van die aarde mense, so gasvry en vriendelik en baie behulpsaam."
"Baie dinge om te doen in Hermanus. Goeie restaurante, lekker strande en paadjies om te stap langs die see, mooi winkeltjies, roetes vir hardloop, stap en fietsry in die natuur."
"Al lê Plattekloof naby die N1, is die area ryk aan groot bome wat die klanke van die hoofweg verbloem. Dit is 'n netjiese, skoon en stil woonbuurt. As toeristebestemming is dit 'n goeie area om saans uit te rus en te ontspan. Of jy nou die stad met al sy bekoorlikhede soos Tafelberg of die strande van Blouberg, die wynplase van Stellenbosch en die Paarl will besoek, of jou dae in Canal Walk wil deurbring, alles bly stapafstand."
"Robertson is pragtig en daar is so baie om te sien en doen. Uit te kom uit stadsgewoel. Mense is vriendelik en behulpsaam en daar is niks wat jy nie kan kry wat jy benodig."
"Baie interessante klein dorpie. Is nogal nuuskierig om te weet hoekom hulle so groot korrektiewe eenheid in die middel van die dorp het. Kon wel uitvind dat dit meestal lyk na rehabilitasie en EBET-fasiliteite vir korrektiewe dienste. Aangenaam en skoon. "