Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Danabaai is 'n lieflike dorp as jy net wil ontspan maar tog ook naby genoeg aan ander groter dorpe as jy bietjie wil rondry en dinge gaan doen. "
"Ken Plettenbergbaai baie goed. Het jare in Natures Valley vakansie gehou, dink dis een van die mooiste plekke met goeie weer en baie sentraal om te bly en ander plekke rondom te besoek. Al wat n mens seker vang is die verkeer. "
"There are plenty of places to stay in and around Citrusdal to explore the town and its beautiful country and mountain surroundings. "
"Pragtige kusdorp met baie hoekies en staproetes. So baie om te doen en naweek net te kort."
"Die skoonste dorp wat ek in 'n baie lang tyd gesien het. Geen rommel en bedelaars nie. Die enigste negatiewe kommentaar is die ongeduldige motorbestuurders wat mens amper van die pad af wil ry as jy by die spoedgrens hou, en dit nogal in die woonbuurt. "
"Daar is nogal verbasend baie eetplekke en dinge om te doen en te gaan besigtig. Die tydjie was eintlik te kort. Jy kan alles op die dorp kry wat jy soek."
"Pragtige strand en omgewing. Ongerep en naby aan die natuur. Strand en swem-area kan gevaarlik wees as gevolg van dwarsstrome. Wees versigtig, veral met hoogwater. Wees ook op die uitkyk vir aktiwiteite in die water - voëls en vis. Die spesifieke naweek wat ons daar was, was daar 'n haaiaanval waar 'n 14-jarige seun beseer is. (Luister na die NSRI se waarskuwings.)"
"Vir ons stadsjapies is Greyton 'n klein bietjie stil. As jy egter voor die tyd jou huiswerk doen sal jy egter weet daar is heerlike staproetes en uitstappies. Die stilte, dorpskultuur en wonderlike eetplekke is egter hoogs aan te beveel."
"Klein Karoo is waar my hart is en ek kies dit enige dag bo oorsese vakansie! Die Klein Karoo is onpretensieus en eerlik, rustig asook gasvry."
"Pragtige natuurskoon, rustig - heerlike plek om van al die gewoel en stres ontslae te raak."
Great Brak River, Western Cape
Wolwedans Guest Manor"Dit het my hart gesteel ... wil nou so graag daar gaan bly."
"Struisbaai is 'n pragtige dorpie wat regtig baie vir die besoeker bied. Ons sal weer in Stuisbaai kom kuier."
"'n Wonderlike dorpie met die gevoel van jy is tuis en by die familie. Voorwaar 'n familie-kuierdorp. Almal vriendelik, gasvry ons het verseker nie soos vakansiegangers gevoel nie ons het deel van 'n familie gevoel. Baie mooi natuur alles is so rustig in dorp sal niks verander nie."
"Pragtige dorpie met alles binne jou bereik. Sal dit definitief weer en weer besoek."
"Melwierda Winery was wonderlik. Het daar 'n wynproe gedoen wat 2,5 uur geduur het. So goed was die gesels."
"Heroldsbaai moet Desember vermy word. Ons was daar middel April, weer was heerlik en die strate en strand stil - baie lekker. Genoeg stap-oefening ingekry."