Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Baie mooi, maar was teleurgesteld met "Kerkstraat se besighede" wat gesluit was weens opgraderings. Verkeerde tyd op die regte plek, sou ek raai! "
Joostenbergvlakte , Western Cape
Nellstyz Villa"City of Cape Town kan gerus aandag skenk aan die paaie se opgradering."
"Ons het die dorp baie geniet. Die ou tronk wat in 'n koffiewinkel omskep is, was 'n heerlike belewenis. Pragtige berge met 'n pas wat prentjiemooi is, sorg vir natuurskoon soos min. Bali Trading is altyd 'n lekker stopplek en daar is iets vir almal in die gesin. Die inkopieplekke soos Spar en die Handelshuis was aangename verassings. Die dorp het alles wat ons nodig gehad het en ons sal graag weer daar tyd spandeer."
"Mooie kustlijn, paar leuke restaurants, maar verder weinig te beleven. Door slechte weersomstandigheden ging onze boottrip om walvissen te spotten niet door en zagen wij zo goed als geen walvissen. In dat geval hadden we Hermanus kunnen overslaan."
"Baie pragtige plek, beslis iets om te beleef. Ek sal enige een aanraai om die paradys te beleef. Lekker wegbreek weg van die huis. Daar is iets vir almal om te ervaar. "
"Beaufort Wes is en was nog altyd my oorbly-dorpie. Ek is baie lief vir die dorpie, maar sal soos in die verlede, oornag by Wagon Wheels."
"Very nice area actually. Huge mall with lots and lots of shops. Something for each personality."
"As jy die lekkerste pizza wil koop - gaan beslis na Karushi - waar Karoo en sushi ontmoet. Watter vriendelike mense en regtig wonderlike pizzas."
"George is 'n wonderlike toeristebestemming. Sentraal geleë tussen Knysna en Mosselbaai met al die kleiner strande tussenin. As dit nie vir my kleinkinders wat in Gauteng woonagtig is nie, sou ek dit ernstig oorweeg het om my in George te vestig!"
"Lovely area, fabulous restaurant just around the corner - nice friendly and safe walks in the neighbourhood."
"Al negatiewe kommentaar wat ek het oor Bloubergstrand is dat honde-eienaars dalk aangemoedig moet word om agter hulle diere op te tel, veral op die strand, op die stappaadjies, in die parkeerterrein."
"'n Rustige wegbreek area. Jammer dat die pad na Doringbaai in so 'n swak toestand is dat ons na 'n paar kilometers moes omdraai."
"Prins Albert het soveel om te bied, uitstekende restaurante, pragtige kunsgalerye, 'n paar wyn- en olyfplase in die omgewing. 'n Besoek aan Fernkloof wynplaas (wynproe), Gay Guernsy se melkery (kaasproe) en Karoo Kombuis restaurant (Karoo-lamsboud), het ons besoek aan Prins Albert bekroon."
"De Kelders en Gansbaai in die geheel is 'n klein stukkie goud. Die mense is vriendelik, die kos is heerlik! Hier kan jy regtig ontspan en daai weldverdiende ruskans neem. "
"Wat 'n pragtige plekkie. Sou nog langer wou bly om meer te sien."
"Mooi plek, winkeleienaar gerig op toerisme mark, dit maak dat plaaslike mense produkte op ander plekke koop."