Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Gaan doen 'n wyntoer, jy sal verbaas wees. Praat met die mense, hulle is baie vriendelik. "
"Dit is die mooiste omgewing - berg en see en proteas en voëls. Naby aan Hermanus. Lekker stil en pragtige see en strand."
"Paternoster is 'n pragtige vissers-gemeenskap en vakansiedorpie met al sy witgewaste huisies en gekleurde hortjies. Daar is lieflike eetplekkies en winkeltjies, maar deurentyd ervaar jy die eenvoud van jou kindertydse kaalvoet vakansies sonder al die blink liggies. "
"Die Paternoster atmosfeer is aansteeklik en gemaklik. 'n Klein gemaklikheidswinkel soos 'n SPAR of Mini P&P sal baie help met daaglikse benodigdhede soos vars brood, melk, ys, ens."
"Ja, ons tydjie was te kort om alles in te pas. As jy daar tuis gaan, is daar net só baie om te doen. Sedgefield is lekker geleë om plekkies naby ook te besoek. "
"Heerlike omgewing van rustigheid weg van die gewoel van die groot plekke. Het werklik rus vir ons siel daar ontvang."
"Die plekke wat rondom Knysna beskikbaar was om te besoek was baie 'nice'. Knysna kort 'n waterpark waar kinders kan gaan 'waterslide' en swem. "
"Sodra die padwerke afgehandel is sal Langebaan seker weer 'n baie lekker bestemming wees. Ons hou saam met julle duim vas dat die konstruksiewerk vining afgehandel kan word."
"Dis heerlik dat dit buite Plet geleë is. Baie min verkeer op die pad buite die oord, so mens kan alle natuurklanke hoor en waardeer. LekkeSlaap, dankie vir die inligting."
"Lieflike vakansiebestemming alhoewel daar tans vreeslike ompaaie is terwyl daar aan die paaie gewerk word."
"Wat 'n pragtige plek, wat veral lekker was was die wandeling langs die see, met die herinneringspaadjie."
"Need to visit for longer so that more seafood can be consumed. Musibosskerm remains a great evening."
"Lekker oorblyf dorp, en Red Oc by Letsatsi Lodge is 'n heerlike restourant. Naby Gifberg wat 'n lekker bergpas het en mooi tussen die Rooibos plantasies asook druif priële as jy by Ouberg pas afkom. "
"For peace and quiet and of course being at the Southern most tip of Africa, plus where the two oceans meet, L'Agulhas is perfect."
"Pragtige, weggesteekte juweel van 'n plek! So dankbaar dat ons dit kon beleef! Sal definitief weer soontoe gaan en nog verken."
"Daar is op die oomblik padwerke aan die gang in en om Langebaan wat ongerief kan veroorsaak, maar andersins bly dit 'n ideale vakansiebestemming. "