Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Pragtige, rustige omgewing, sal langer as net 1 aand bly - kan sommer 'n week of langer bly."
"Ek het meer van Tulbagh verwag. Histories baie mooi bewaar met mooi versorgde tuine, maar gits die mense beweeg nie met die tye nie. Glo nie hulle het al ooit gewaag om kruie in hul kos te gooi nie...om nie te praat van "banting" opsies nie. Toeriste wemel in Riebeeck-Kasteel, maar in Tulbagh is daar niemand nie. Ontbyt is aanbeveel in Church straat se kombuis waar ons kon kies uit koek of maalvleis op witbrood of maalvleis op bruinbrood of maalvleis in 'n jaffel (wit of bruin) of maalvleis met eiers ..."
"Baie lekker plek waar 'n mens rustig met jou familie goed kan gaan doen soos taalmonument, leeukamp, ens. - baie om te doen en lekker restaurante."
"'n Dorpie weg van die alledaagse werk- en woonplek. Die uitleg en die huise van Jacobsbaai maak dit 'n besonderse bestemming. Hoop dit bly so sonder winkels en verkeer."
"Vreeslike mooi area met baie lekker wynplase om te besoek. Die berge is asemrowend. Jy gee nie om vir die "stop&go" nie, want dan kan die bestuurder ook bietjie die berge geniet. "
"Tradisionele kontrei maandeinde wat gepaard gaan met met sy eie uitdagings, maar die omgewing is puik."
"Die karakter van die dorpie is uniek en word goed beheer deur die hoofstraat en geboue oor die algemeen eenvoudig, gerestoureer en mooi versorg. Lekker restaurant, doen dinge en interessante besighede. Heerlik om stappies en en buite dorp te doen."
"Dis mooi, maar die restourante is nie great nie en die winkels is skaars."
"Heerlik naby die see, baie loop plek en uitsig oor die see. Lekker restaurant in daardie omgewing."
"Lambertsbaai is 'n stunning kusdorpie met soveel mooi dinge en lekker mense. Definitief die moeite werd om dit te besoek!"
"Baie mooi area. Rustig en fantasties vir ons as natuurliefhebbers. Lekker om te gaan stap langs die kus."
"Die omgewing is beeldskoon, natuurlik nie veel om te doen in die dorpie nie, maar as jy kom kuier om die natuur te waardeer is hierdie plek ideaal."
"Ons het amper die winkels agter Paddagang gemis en het gedink die hoofstraat met Kafees was dít! Gelukkig het iemand ons verwys na die ander plekkies. Dalk kan dit duideliker aangedui word. "
"If you love the Karoo lifestyle then this is definitely the place to go. Lovely and tranquil. I will definitively be going back there. I loved the town."