Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"'n Baie lekker rustige dorp met genoeg van die basiese fasiliteite wat benodig word. Naby Kaapstad geleë vir 'n dagbesoek aan Kaapstad."
"What a fantastic town, we really enjoyed Langebaan. Will definitely visit Langebaan again."
"Riebeek-Kasteek is definitief die moeite werd om te besoek en bied aan besoekers die geleentheid om weg te kom van die stad vir 'n totale wegbreek geleentheid. Heerlike eetplekke, met olyfplase en wynproe-geleenthede in die dorp en omliggende plase. Absoluut die moeite werd om te besoek."
"Pronto by Die Punt het 'n seekos-buffet op Woensdae-aande wat jou voete onder jou sal uitslaan. Blaster Entertainment het glow in the dark putt putt, vet pret!"
"Shoe, wat kan 'n mens nou nie sê oor Franschhoek nie?! Ons het soveel moontlik probeer doen, van chocolate tasting en lesson, massages by Camelot Spa Franschhoek, tot horse back riding terwyl ons wingerde besoek het. Glo my, ons was lekker seer na daai perderit, maar was dit alles die moeite werd. Mens spoil jouself so nou en dan, as jy so lekker sjef-kosse en -disse wil eet. "
"Prins Albert is 'n uitstekende toeristebestemming. Propvol besoekplekke, restaurant en natuurlik die Swartbergpas. Sal definitief meer gereeld gaan kuier."
"Daar is soveel meer in Bredasdorp om te doen as wat ek aanvanklik gedink het. Besoek beslis die Red Windmill tussen Napier en Bredasdorp, sowel as The Black Oster vir wyn en pragtige kos. Was baie beïndruk met die dorp en die omgewing."
"Knysna kan as Paradys beskou word. :) Daar is genoeg om te doen en te sien. Die uitstappie na Western Head was heerlik. En die bos 'n onbeskryflike belewenis."
"Ons ken Oudtshoorn baie goed. Het al baie daar gekuier omdat ons vriende het van oor die 40 jaar. Het dus nie die toeristeaantrekking plekke besoek nie."
"Laat genoeg tyd toe om die plek te verken. Daar is so baie interessante plekke om te besoek. Doen navorsing voor jy gaan. Die toerismeburo het baie inligting. Die plek was nie so duur soos ons verwag het nie, maar dit was buiteseisoen. "
"Indien dit sonskyn weer is, is daar heelwat om te doen en kan mens dit geniet."
"Knysna se waterfront raak stagnant. Sekere restaurante se diens het uiters swak geraak. "
"Die openbare geriewe is silwerskoon - alle eer aan die klein dametjie by die openbare toilette agter die Spur. Die mense van die dorpie is sommer my dam se ganse, en groete aan Koos, die liewe hond by die geskenkwinkel! Ek sal sommer baie graag permanent daar wil gaan nesskrop!"
"Wildernis en die omliggende dorpies is ongelooflik pragtig en rustig en word beslis aanbeveel vir 'n vakansie. "