Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Dit is 'n pragtige dorp met 'n verskeidenheid restaurante en winkels. Besoek gerus die olifant-, wildekat - en ander parke. Daar is ook walvis- en dolfyn-bootritte. Almal die moeite werd om te besoek en ons land se wilde diere te sien. Daar is ook 'n wynplaas met heerlike tapas, middagete en plaaslike wyne."
"Go to the small market. It is worth the visit, even if it is only to chat to the locals or pick up a few locally produced items. Friendly town. "
Great Brak River, Western Cape
Alte Prettig Flat"Asemrowende omgewing naby aan Mosselbaai en George."
"Daar is nie baie om te doen nie, buiten paar besienswaardighede, maar as jy wil "detox" is dit perfek."
"Die ligging van Brandwacht is perfek en asemrowend. Baie stil en netjiese gebied, dis nie te ver van die dorp nie en is 'n welbekende gebied."
"Veilig, omgewings vriendelik en baie gesondheidsbewus georiënteerd. Ek wil daar bly! Dit is presies die leefstyl wat ek soek en het al klaar begin uitkyk vir potensiële eiendom daar."
"Ons het hoofsaaklik gegaan om te gaan kreef duik en dit was baie suksesvol. Dis nie 'n baie lewendige dorp nie, maar ons nietemin lekker daar gekuier. Ons het egter gesukkel met die tolpad tussen Lambertsbaai en Elandsbaai. Ons het met die tolpad gery vanaf Lambertsbaai terug Elandsbaai toe, maar toe ons Elandsbaai aankom is ons teruggestuur om met die groot pad te ry."
"As jy die vriendelikheid van die mense op die Weskus wil ervaar, sal ek enige tyd weer Dwarskersbos besoek. "
"Durbanville is in 'n mooi omgewing en is goed geleë in alle rigtings vir toeriste vir dag-uitstappies in die Suid-Kaap- en Weskusgebied."
"Struisbaai is 'n tipiese vissergemeenskap en die lewe draai meestal om al die bedrywighede by die klein hawe. Baie rustige atmosfeer, en karre veilig om snags buite te los. Mooi omgewing en baie naby aan Agulhas en die natuurskoon is tipies dit wat jy van die Kaap kan verwag - dorp is skoon en word goed onderhou. Daar is nie groot winkelsentrums nie, maar al die basiese goed is in plaaslike kafees beskikbaar. Dis ideaal vir mense wat juis wil wegkom van stadsgewoel."
"Dis 'n goeie buurt en sentraal geleë vir besigheid of aktiwiteite in enige ander plek in Kaapstad. "
"Lekker sentrale area met toegang na al die roetes wat jy sal wil besoek."
"Nog altyd 'n baie uitstekende vakansiebestemming - hou heerlik vakansie in die Strand."
"Quaint, yet interesting, little town. A visit to the Museum is a MUST! This place is soaked in history, very, very interesting - you will walk away with a sense of awe!"
"My oupagrootjie het jare gelede daar gebly. Ek het dit geniet om na die ou geboue op die dorp te kyk en eetplekke langs die pad is uitstekend."
"The boat trip from the Port Owen harbour was absolutely stunning. The hosts were charming and funny and a boat full of knowledge of the area, bird life and even the locals. A definite recommendation to anyone holidaying on the West Coast."
"Nie baie om te sien in Lambertsbaai self nie, maar met baie plekke in die omgewing om te besoek maak dit 'n geskikte vakansieplek."
"Melkbosstrand is die plek waarnatoe ek altyd sal gaan, sou ek in die Kaap omgewing wees. Later die jaar is daar die IMESA Kongres wat ek jaarliks bywoon en dan sal ek sorg dat my sekretaresse my weer daar inboek. Melkbosstrand het ook baie lekker restaurante waar mense lekker saam kan kuier."