Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Dit was die eerste keer dat ons in Kleinmond vakansie gehou het. Ons hou van rustiger plekke, maar tog was dit lekker want al die nodige winkels was daar om proviand te koop - en boonop goeie gehalte goed. Ons het niks gemis nie."
"Struisbaai lê my na aan die hart. Ons het altyd Desembervakansies in Struisbaai/Agulhas deurgebring."
"Pragtige dorpie met 'n ongelooflike mooi strand. Ideaal vir hengelaars. 'n Lekker restaurant. Winkels op die dorpie hou egter net die basiese benodighede aan."
"Hermanus het baie oulike winkeltjies en heerlike eetplekke. Ons het ook die stil oop strande baie geniet!"
"Die ondervinding van die Karoo se rustigheid verkwik 'n mens se siel. Die vriendelikheid van die mense dra by tot hierdie rustigheid en eg Karoo-ondervinding."
"Oudtshoorn is vol verrassings. 'n Dagrit deur die Swartbergpas en Meiringspoort is 'n moet om die mooi omgewing en nabygeleë dorpe van Prins Albert en De Rust te verken."
"Dorp het 'n plattelandse gevoel en is sentraal geleë met 'n paar roetes om oral uit te kom. Lekker vlak swemstrand vir kinders met baie sitplek naby aan water. Goeie restaurant op die strand."
"Wonderlike toeristebestemming, nog lank nie klaar gekuier nie en sal baie graag wil teruggaan!"
"Baie mooi rustige plekkie. Geen smouse of boemelaars wat mens pla nie. Kindervriendelike baai. Sal definitief weer daar gaan bly."
"Oudtshoorn was fantasties, dit was ons eerste besoek aan die KKNK en dit was 'n baie aangename atmosfeer. Al die mense was baie vriendelik. Dis baie skoon en netjies en al die fasiliteite is in baie goeie kondisie. Ek sal beslis terugkeer. "
"Baie mooi plek. Ons het dit gekies omdat dit naby Oudtshoorn is, met die volstruisplase en die Kango-grotte."
"KKNK maak van Oudtshoorn beslis 'n heerlike plek om te kuier. Die dorp is ongelooflik skoon, al is daar soveel toeriste wat die strate oorneem. 'n Ware juweel!"
"'n Pragtige, skoon dorp met baie om aldaar of in die omgewing te doen."
"Die enigste probleem met Oudtshoorn is die straatkinders wat om elke hoek sit en bedel. Veral in die donker hoekies in die aande."
"Ek was jare terug op Yzerfontein en dit het baie verander. Die strande is skoon en die dorp voel heel veilig."