Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Oulike dorp met vriendelike mense. Die etes van die hotel kan beslis aanbeveel word."
"Pragtige natuurskoon. Kan lekker stap en draf. Oulike winkels en goeie restaurante."
"Weskus die beste. Langpad mooi musiek en lekker geselskap is al wat die siel nodig het."
"Daar is so baie om in die omgewing om te sien en te doen. Restaurante is oor die Mei-langnaweek gesluit."
"If you have not visited St Helena Bay previously, do yourself a favour and go and visit the area, it's beautiful."
"Merweville is vir seker 'n onverwagse skatkis in die pragtige Karoo wat ek ongelukkig nou eers ontdek het. Wat aanvanklik as 'n sakebesoek begin het, het eintlik in een van die rustigste en sielsgenesende wegbreke van my lewe geword. As gebore Namibiër, het ek nog altyd 'n groot waardering vir die platteland gehad. Nou dat ek in Kaapstad werk en bly, glo ek dat 'n mens so gereeld as moontlik uit die stad moet ontsnap sodat jou siel weer kan kans kry om te herlaai. En 'n besoek aan Merweville sal beslis nie teleurgestel nie! Wat vir my die opvallendste was is dat die dorpie werklik gaan "rus" wanneer die son sak. Snags is daar geen straatligte wat brand en selde enige motors wat rondry. Perfek vir diegene wat lief is om na die sterrehemel op te kyk - veral die asemrowende tipes wat die Karoo vir 'n mens elke aand skilder."
"Die MonsterJam byeenkoms was uitstekend beplan. Alles van die magdom mense, ons wat geloop het se veiligheid en die verkeer het net absoluut vlot verloop. Well done aan die Kaapstad Munisipaliteit!"
"Daar is bitter min om te doen behalwe padstalle en wynplase besoek. Maar is naby genoeg geleë aan ander dorpies wat wel ander kindervermaakopsies ook bied."
"Amazing omgewing and puik mense. Moet vir 5 dae of langer daar wees om alles te ervaar."
"Fantastiese plek om te verken. Baie om te sien - groot verskeidenheid. Beste vakansieplek."
"Die dorpie is mooi, maar nie uitsonderlik as 'n mens dit vergelyk met Barrydale of so 'n plek nie. Die wynkelders is die moeite werd. Ons het gehou van De Krans se restaurant en proelokaal. Buiten dit is dit 'n 2-nag bestemming, dan gaan jy uitgekuier wees."
"Baie mooi ou huise en die restaurant waar ons geëet het was 5-ster, Die Dorpshuis."