Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Pragtige, boomryke, skoon dorp met mooi parke. En al is die verkeer soms druk, vloei dit tog goed en vinnig. Moet net 'n veertjie in die hoed sit van Palm Tyres wat uiters flink en vriendelik was om 'n pap band te herstel. Dankie George - hoop om julle gou weer te sien."
"So lovely to see the tourists back - the town was buzzing and we had a great time."
"Onverwagte verrassing! Nooit gedink Albertinia is so 'n oulike dorp nie. Altyd net daar verby gery. Doen jouself 'n guns en ry 'n slag in Albertinia in, jy sal verbaas wees oor hoe oulik die dorpie is."
"Was te kort daar om rond te beweeg, maar een, maksimum twee nagte, sal vir my genoeg wees."
"Lieflike strand, het dit baie geniet by die hawe, hulle restaurant is uitstekend en kosse was heerlik."
"Pragtige plekkie, skoon en veilig met vriendelike mense."
"Oudshoorn is 'n must-see dorp, regtig ek sal dit aan enigeen aanbeveel, dit was goed om alles te explore."
"Baie rustige plekkie. Mooi strand by die mond, groot rivier om boot te ry of vis te vang."
"The best to just get away from the city. It's a beautiful town and the cliffs are stunning."
"Ek glo daar is meer om te doen as wat ons gesien het, maar oor die algemeen is die dorpie stil. Die strande is pragtig en nie so oorvol soos van die ander plekke in die omgewing nie."
"Dit is voorwaar die titeldorp van die jaar werd. Dis so 'n rustige dorp met die mooiste huise en vriendelikste mense. Die atmosfeer van die dorp is net onbeskryflik. Definitief 'n besoek werd."
"Pragtige dorpie! Soveel om te sien en doen en het 'n regte Karoodorpie-atmosfeer."