Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Fantastiese stad. Sal altyd daar vakansie hou. Net jammer van die geweldige hoeveelheid hawelose mense in daardie mooi areas."
"Heerlik gaan kersies pluk by Klondyke en heerlike ciders by Loxtonia geproe. Ceres is pragtig."
"I love the setting Tulbagh has to offer. Away from city life. Our favourite holiday destination."
"Sedgefield is 'n pragtige vriendelike dorpie met 'n paar lekker kuierplekkies and al die winkels wat mens nodig het. Boonop is daar op Saterdae 'n mark (Wild Oats Market) waar jy allerhande lekkernye en vars kos direk van die verskaffers kan koop. Die natuur en strande is asemrowend mooi. Ons het die mooiste sonsondergange ooit beleef. Sal weer terugkom hiernatoe!"
"Die mooiste plek met so baie toeriste-aantreklikhede. Ons tyd was te min om alles te sien."
"Lieflike dorp, met 'n lekker strand - wees net gewaarsku die water is koud. Die deli op die dorp is van uitstaande kwaliteit."
"Ons het baie lekker gekuier in Stellenbosch was net daar vir 'n troue, maar dit was baie lekker."
"Toerisme-aktiwiteite was gesluit wat nogal verrassend was insluitende die toerisme-inligtingskantoor en die rooibosteesentrum!"
"Pringlebaai se ligging is perfek as jy die dag lus het om in te ry stad toe is dit nie te ver nie, maar ook naby genoeg om na 'n aangrensde dorp te ry vir besienswaardighede. Alhoewel, as jou voete eers in Pringlebaai neergesit is, wil jy nie verder nie! Pringlebaai bied genoeg om jou besig te hou - plantegroei, sonsondergang, strande waar jy kan stap en swem! Die strand is mooi en die mense vriendelik!"
"Klein dorpie met rustigheid. Die plek om te wees om te uit te rus. Beveel enige iemand aan om Pringlebaai te gaan besoek."
"Gansbaai is 'n lieflike vakansiedorpie. Veral vir die natuurliefhebber. Ook 'n pragtige, skoon en beskutte strandjie."