Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Ek was baie aangenaam verras deur Gansbaai. Ek was bekommerd dat dit nie juis 'n strand het nie, maar Franskraal is 'n vinnige rit en daar is ook 'n heerlike strand by Walkerbay Natuurreservaat. Verder is daar 'n lieflike trail al langs die see af om te hardloop of stap en ook baie paaie om fiets te ry."
"It’s close to other small areas such as Kleinmond, Pringle Bay, Hermanus, etc. which makes Betty’s Bay ideal accommodation."
"Baie rustige kusdorpie. Enige vakansieganger se wegglip uit die stad asook gewoel van die werksomgewing."
"Stilbaai is uitstekende bestemming met vele om te doen. Selfs met Covid-beperkings in plek was ons nooit vervelig nie. Gaan beslis weer terug!"
"Dit was 'n heerlike oornagplek. Skoon en netjies met vriendelike mense. Sal beslis weer gaan."
"Kleinmond is 'n baie stil klein dorpie en met die strande wat tydens die inperking gesluit was, was daar nie veel om te doen nie. Bettysbaai en Hermanus is egter baie naby en bied meer in die lyn van restaurante en plekke om te besoek."
"Oulike dorpie, maak net seker jou kar is vol brandstof. Geen vulstasies of OTM's nie."
"Ek is 'n voëlkyker. Dalk kan George 'n brosjure ontwikkel wat al die voëlkykplekke in die omgewing aandui. Dalk ook 'n soortgelyke kaart met al die eetplekke en restaurante."
"We only had a short stay but loved the harbor, Bird Island and Melkboskerm. We will be back!"
"Kaapstad is beslis die plek vir iemand vanaf die Noord-Kaap wat smag na die see en die koel lug. Dis ’n besonder mooi plek om te besoek en vakansie te hou."
"Safe destination on roads, beautiful scenery, awesome weather, people are friendly."
"Fantastiese dorp met die vriendelike mense. Kultuur historiese geboue en asemrowende landskap. Stil, rustig en pure plattelands. Perfekte wegbreek uit Kaapstad"
"Pragtige dorp met interessante juweeltjies om te besoek. Genoeg om te doen. Heelwat koffiemeule vir ernstige koffieliefhebbers."
"Should one look for a place to unwind and build up reserves for the new year, Gourits is the place to consider. Far from the maddening crowd, close to nature. Be lulled to sleep by the breaking waves and be greeted by francolins, tortoises, hares and small antelopes at daybreak."
"Ek is op my gelukkigste in die Kaap. Die plek, sy mense en die algehele atmosfeer maak my ‘n trotse Suid-Afrikaner."
"Van kindskind af was ek mal oor Oudtshoorn en niks het verander nie. Mal daaroor!"
"Ongelooflik ontwikkel vanaf die laaste keer wat ons hier deur is. Lekker om van die groter kettingwinkelgroepe en wegneemrestaurante hier te sien."