Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Behalwe vir die wind sal ek sê dit is 'n baie rustige plek vir bietjie ontspanning."
"Montagu was nog altyd 'n wegbreekbestemming vir ons. R62 is so vol dinge om te doen."
"Hermanus is 'n baie nice dorpie, klein maar baie nice activities. En die mense en kultuur ook vreeslik nice daai kant."
"Dis my grootworddorp en mens kan nie anders as om te rus en rustig te wees wanneer jy die Weskus besoek nie."
"Pragtige natuurskoon. So oulik om patryse en muishonde tussen huise te sien. Pragtige strande."
"Pragtige dorp met baie om te doen vir mense met verskillende belangstellings. Die berge bied uitstekende hiking en mountain bike roetes."
"Teleurgestel met Kirstenbosch. Baie oorgroei, maar seker te wyte aan Covid-19. Kasteel het bykans geen fasiliteite vir gestremdes met loopring verskaf nie en baie verwaarloos seker ook te wyte aan Covid-19."
"Ons kon nie die Preekstoel sien nie en het nie navraag gedoen nie. Ek was 20 jaar laas daar so daar is veranderings."
"Sal definitief weer teruggaan. Mooi, skoon en rustige dorp. Ideaal vir 'n naweekwegbreek of vakansie."
"We found the locals to be friendly. We especially enjoyed your treasure shops. Secondhand shops. Not omitting the fantastic scenery and beaches."
"Die geskiedkundige dorp het my verras en het die ideale ligging om as basis vir 'n Karoovakansie of blommekyk te dien."
"Dit was effe steurend van die hoeveelheid mense wat bedel en goed aan jou wou afsmeer sodra mens uit die kar klim of sit en eet by 'n restaurant. Daar is die oulikste eetplekke met die heerlikste kosse."
"Die hele dorp is effektief op Sondae gesluit en as toeristebestemming sal dit nie goed werk nie."