Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Dit is 'n lekker plek om te besoek met die diere wat tussen die huise rondbeweeg. Die winkels in Marlothpark bied die basiese goed wat benodig word om die verblyf aangenaam te maak."
"Marlothpark is 'n wonderlike plek en ons sal weer gaan. Die heinings (veral wat die Kruger Park begrens) kort net bietjie aandag, maar dalk is dit as gevolg van die onlangse verspoelings weens die erge vloede."
"Daar is hopeloos te veel mense wat daar rondloop en ek is maar onseker oor hoe veilig dit in Marlothpark is."
"Uitstekene bosveld opsie met wild wat rondloop in die park met paadjies langs, en uitkykpunte oor die Krokodilrivier in die Kruger Wildtuin. Verskeie akkommodasies wat meeste sakke sal pas."
"Die wildsdorp is goed ingerig vir gesinne en goed geleë naby die Krugerwildtuin. Daar is amper alles wat jy nodig het, so dit is nie nodig om na Malelane te piekel vir goed, soos vleis, drank of selfs 'n haarkapper nie."
"Dit sal 'n aanwins vir Marlothpark wees, indien daar 'n saal met speletjies opgerig kan word. Binne in die saal kan daar tafeltennis, "zot" sokker, snoekertafel, "dart board", ens. geplaas word. Dit sal veral gebruik word wanneer dit koud is en/of reën."
"Vreeslik lekker vir 'n langnaweek wegbreek, en die kinders geniet die diere en swem so baie. Ons gaan gereeld Marlothpark toe vir asem skep. "
"Beautiful plek. Ons het ons vakansie daar ongelooflik baie geniet. Sal enige tyd weer terug gaan."
"Sentraal geleë vir toegang tot wildtuin en ook 'n heerlike vakansieplek vir sommer net bly."
"Marlothpark is en bly baie sentraal geleë vir die Suidelike gedeelte van die Nasionale Krugerwildtuin maar in geheel het dit seergekry, die sekuriteit by die hek is glad nie meer wat dit was nie en enige persoon, genooid of ongenooid kan maak wat hulle wil, regtig bitter hartseer. Mens voel oor die algemeen nie meer veilig nie al is ons liefde vir Marloth bitter diep gesetel vir meer as 20 jaar. 'n Bestuurskomitee is definitief werd in samewerking met die munisipaliteit om die toerismegedeelte van die park weer op te help, inisiatiewe is broodnodig om die voorbehoud van die park te verseker."
"Generally everyone is nice and understanding with one or two as expected. But had a great time."
"Dit was ons eerste keer by Marlothpark en ons sal oor en oor terug gaan. Ons harte het in Marlothpark agter gebly toe ons ry. Dit was wonderlik"
"Great plek met vriendelike mense en die natuur is net iets anders. Ons kan nie wag om weer te gaan ontspan en ontsnap van die besige JHB nie. "
"Awesome. The Waterpark is overpriced for what you get.The Giraffe restaurant was awesome."
"Bied waarde vir geld as toeristebestemming. Die dorp het alles wat jy benodig teen bekostigbare pryse. Marloth se inwoners is baie vriendelik. Enigste negatiewe punt is dat baie van die strate in 'n swak toestand is na die oorstromings, en nie geskik is vir alle motors nie."